
Genadiglik het ons aan die einde gekom van hierdie week uit die hel...
Laat my sommer vinnig toe om my innige meegevoel en simpatie te betuig aan een van my kollegas met die afsterwe van sy pa gister.... Gerhard Schaap dit help seker nie wat ek se nie, jy is nou op 'n plek waar dit baie lank gaan vat om uit te kom en wat ek se gaan uiteindelik nie 'n verskil maak nie...
Ek is baie jammer om te hoor ek was nog verlede week in die hospitaal by oom Piet om te gaan loer hoe dit gaan... hy was een van my grootste aanhangers. Hy het gereeld geluister na my show met wat ons nou weet AL die show se tekortkominge, hy was ook een van die min mense wat altyd vir my laat weet het as hy dink ek het 'n goeie show gehad, oom Piet ek sal dit mis, Schaapie weet dat ek aan julle dink en daar sal wees vir jou bra, ek is so jammer...
In teenstelling met verlede naweek is ek maar bra stillerig die keer, ek speel wel bietjie liga Gholf Saterdag maar dis omtrent dit, volgende week is my tyd om so bietjie perspektief op die lewe en meer spesifiek op my loopbaan te kry, is dit nog belangrik vir my om agter 'n mikrofoon te kom sit elke dag van my lewe en vir drie ure per dag myself oop te laat om deur kritici vermorsel te word, kritici wat ek weet uit voeling met die realiteite is en wat self..... toemaar kom laat ek net bietjie 'n breek vat en kyk of ek oor 'n week nog lus het vir die ding.
Wanneer persoonlike vendettas mens se gesonde denke oorneem moet jy weet dis tyd om alles te heroorweeg.... ek het nie persoonlike vendettas met niemand nie...
Dit daar gelaat, die menseregte vergrype in Zimbabwe skreeu om geregtigheid te laat seevier, hoe dit gaan gebeur is bo my verstandelike vermoens om uit te figure, laat my net weereens aan 'n ou gesegde dink wat so waar is, bad thing happen when good people stand by and do nothing, dit help tog nie en gaan hier af op 'n tirade nie, dis nie asof Mugabe en sy clowns my blog lees en dan besluit hoe en wat om te doen nie.
Op 'n persoonlike noot iemand wat ek weet my blog lees en gereeld hier kommentaar lewer gaan ook deur 'n kom ons se maar net, interessante tyd, net soos ek, en die uwe het miskien nog 'n goeie vriendskap deur sy gat getrek deur my opinie te lug, soos ek maar altyd doen, ken die wereld my nie maar so nie!
Partykeer is mense van nature so onskuldig en inherent goed dat hulle nie kan agterkom wanneer hulle misbruik word nie, en as daar nou maar een ding in die lewe is wat my siel ontstig dan is dit wanneer mense ander mense gebruik om eie persoonlike doelwitte te bereik, en/of om hulle eie bekgeveggies te wen. Dis unfair, oneerbaar en sekerlik die laagste form van baklei wat daar bestaan, soos ek gister gese het ek sal daar wees om die stukkies agterna bymekaar te maak, daar kan geen wenner wees nie en inteendeel my vriend kan niks wen in die proses nie.
Weet maar net dat ek dink jy maak 'n fout maar dat dit NIE beteken dat ek nie meer omgee en of daar is nie, dit beteken wel dat ek my opinie lug soos ek geregtig is om te doen en na ek dit gedoen het beteken dit dat ek nou MOET terugstaan en dinge van die kantlyn of bekyk, weet net dat die terugslaanslag gaan hard en genadeloos wees, ek sal koes namens jou en probeer raad skreeu van die kant af...
Hierdie blog kon seker al lankal lankal meer omstrede gewees het as ek wou, kon ook seker lankal van ander blogs gebruik gemaak het om myself te adverteer en soos 'n blogger vir wie ek baie respek het, Johan Swarts, altyd se, myself uitgee vir 'n statshoer, maar dan moet 'n mens begin jouself afvra, hoekom doen jy dit, is dit om vir jouself naam te maak of om in gevegte met mense betrokke te raak, om vir jouself naam te maak, wat andersins jou nooit twee minute van die dag sou gegee het nie?
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy stem gevoeg by die verontwaardiging oor die uitsprake van die adjunkminister van Veiligheid en Sekerheid dat die polisie misdadigers moet doodskiet. Susan Shabangu het vroeër die week op ‘n polisieberaad in Pretoria gesê geregsdienaars moet skiet om dood te skiet wanneer hulle met gevaarlike boewe te doen het. Sy het die woorde “Kill the bastards” gebruik. Die kommissie en die Demokratiese Alliansie het Shabangu se opmerkings veroordeel. Hulle sê dit wil voorkom of sy die polisie die reg gegee het om misdadigers dood te maak net soos hulle wil, en voeg by dat die opmerkings net beskryf kan word as opsweping en in stryd met die regsorde. Huh... weereen se sy maar net wat ons almal mee saamstem ... en dink!
Hoe dit ookal sy, geniet jou naweek, 'n rustige Vrydagaand wag vir my, my eerste golfgame van die jaar en dan miskien 'n movie Sondag is my vooruitsigte en ja die liefde ontwyk nog steeds....hehehe!
Ek is op verlof by die radio volgende week maar sal nog steeds elke dag blog so jy gaan my nie hoor nie maar jy kan my nog altyd kom lees, en nee ek soek nie die hits nie! Statshoere!
Wimpie
12 comments:
Hi
Geniet jou verlof. Hoop jy voel beter wanneer jy terug is.
Liefde
Ina
Hi Scorpio...net gewonder of jy nou nie meer koffie drink by Exclusive nie? Het ek al weer iets gemis....genade ek is ook altyd laaste op die "band wagon"..
Lekke dag
virgo
Goeie more!! Of lyk nie of dit vir jou is nie.....
Soos ek die ding kyk, ken jy die dame eintlik net vir 'n ruk? Of lees ek verkeerd? Ek weet nie wat die probleem is nie... maar klink of jy haar SPASIE moet gee! Mens het breathing space nodig in 'n nuwe verhouding, hetsy vriendskap, of 'n werklike verhouding. Dalk is jy te haastig? Dalk plaas jy haar onder druk? Dalk het sy tyd nodig om vrede te vind in 'n situasie?
Dalk moet jy haar kans gee, veral as sy so onskuldig is soos wat jy hier se.
Onthou, baie dinge kan uit 'n vriendskap onstaan. En dis belangrik! Moet nooit 'n brug brand nie - 'n rerige brug, nie 'n 'brugbou-poging' nie!
Geniet jou stil tyd!
Ano
dankie ou ano soos altyd staan ek opreg tereggewys en opsy vir die lewe om te gebeur!
Nee Wimpie, nie tereggewys nie, ek sit buite en kyk in, en kan meer sien as jy wat direk betrokke by 'n spesifieke situasie is.
Maar wat ek genoem het, is nogal op die lewe in geheel van toepassing!
dankie ano
daar is ook dinge wat in my lewe aangaan wat jy nie van bewus is nie, ek gaan OOk maar deur 'n tydjie maar nou ja miskien moet ek vir myself daar beginne wees of IEMAND kry wat bietjie vir my ook daar is??
Wimpie..... dont be too sure!!!
Ek weet baie! Is hoekom ek kan comment! :-)
Ano
as jy baie weet dan sal jy weet hoe ek voel
Scorpio..weet jy dat die regte persoon onder jou neus kan wees maar dat jy altyd op die verkeerde plekke soek...of miskien dink jy dat die persoon nie aan jou eise sal voldoen nie..of jaag jy net die wind na deur 'n "jeugdige skoonheid" te wil he...onthou wat ons voorouers ons geleer het, skoonheid vergaan maar deug bly staan!! Okay, ek se nie gryp 'n lelike stiefsuster nie, maar kry iemand met integriteit, iemand wat luister, raad gee, goed sal wees vir jou kinders, 'n "soul mate"...dink bietjie verder as skoonheid..
Wimpie
Die lewe is soos 'n kombers wat te klein is...
Trek jy jou skouers toe, is jou voete oop -
Trek jy jou voete toe, is jou skouers oop -
Gelukkig vir ons wat geleer het om ons knieë te buig...
Want met gebed is jy van kop tot tone toe...
en is daar nog plek vir almal vir wie jy omgee
Liefde
Ina
(((Wimpie)))
Maybe moet jy net jou e-mails van so dag of wat terug belees en beantwoord... dan sal jy weet!!!
sorry anonymous ek het jou verloor iewers, my email was ook van lyn af...
Post a Comment