Sunday, April 20, 2008

Geduld, Patience!

So kom alle dinge maar tot 'n einde, in my geval my vakansietjie.

Wat het ek geleer die laaste paar dae terwyl ek 'n breek gevat het, baie actually! Ek het geleer dat ek nog steeds baie lief is vir dit wat ek elke dag doen, ek het ook geleer dit gaan nie die einde van my wereld beteken as ek dit nie meer doen nie, ek sal dit wel mis....

Ek het ook WEER van voor af geleer om nie toe te laat dat ander mense my lewe versuur nie en ek het weer besluit om nie die Johan Krugers van die wereld toe te laat om my wereld to kom omkrap nie.

So die ding is ek is terug op die Breakfast Show, minus die wereld in 15 minute, (sorry annonymous!)en ons gaan die show 'n facelift gee, iets wat ek al baie lank voor vra, so ek sien uit daarna!

My naweek was weer soos gewoonlik, awesome, die band was weer Vrydagaand op sy stukke, hehehe en dan moet ek seker iets se van Saterdag.....mmm okay dan, eerste, wie wil nou nog met my stry oor die Stormers?? Gaan ek soos iemand anders klink as ek se hier kom 'n ding? Sorry Frankie...

Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie sê die gedeeltelike hertelling van stemme van verlede maand se algemene verkiesing kan langer as die drie dae duur waarop aanvanklik gereken is. Die kommissie sê dit is ‘n groot werk en hy wil seker maak dat geen foute hierdie keer begaan word nie. Suid-Afrikaanse afgevaardigdes maak deel uit van die waarnemingspan wat gestuur is om die proses te monitor. Maar die opposisie, die Movement for Democratic Change, het sy misnoë met die proses te kenne gegee en gesê dit is ‘n poging deur Zanu-PF om die verkiesing te kaap.

Is daar nog enigiemand wat die "verkiesingsuitslae" gaan glo wanneer ZanuPF, sorry uhm die ZEC dit uiteindelik gaan bekend maak en is daar enigiemand wat nie glo dat Mugabe besig is om elke truuk in die boek uit te haal om daai uitslae te bekook soos hy wil nie?? Dis nou behalwe Mbeki en 'n paar ander idiots hier in Suid-Afrika waarvan ons maar eerder nie name sal noem nie.... gelukkig het niemand my nog probeer verbied om my se hier te se nie!

My gunsteling Afrikaanse sanger, Mathys Roets het van sy bike afgeval, jammer om te hoor ou mater, gelukkig net sy skouer seergemaak gelukkig het die stem nie seergekry nie, net die ego bietjie!

So van ego's gepraat, lekker gelag gisteraand weer vir Jukebox. Wanneer gaan televisie vervaardigers besef dat oud-rugbyspelers nie noodwendig kan rugby uitsaai nie, en sangers nie noodwendig goeie TV aanbieders uitmaak nie, die stiltes en vreemde gesigsuitdrukkings in die kamera laat my as 'n kyker soms ongemaklik voel, nee wragtig mense, dis scary, en ek hou van ou Kurt dis nie sy skuld nie, wonder wie is die regiseur??

Banana Banana is aftrigterloos, dit se nie veel vir ons sokker in die land dat Carlos Alberto Perreira ook tou opgegooi het met die spulletjie, 2010, miskien weet hy iets wat ons net vermoed!
Die Stormers speel skitterende rugby en ek begin solank die sjampanje in die yskas laai!

Terug na Saterdagaand... het bietjie gaan kuier in Snorcity, word toe ontvoer na 'n gayklub toe waar ek en my metgesel "nie in die openbaar met mekaar mag flankeer nie" wat my natuurlik soos 'n handskoen pas! Nodeloos om te se, ek het jammerlik gefaal in my pogings om die klub se reels na te kom! Anyway ek het baie lekker gekuier en die musiek was baie beter as in die meeste straight klubs.

Dis al wat ek gaan se oor Saterdagaand! Ek kan nog baie se.....maar..... ek GAAN NIE! Dit was 'n awesome aand, dankie my bokkie en jy is net eenvoudig....awesome, ek soek na woorde maar ek kry dit net nie om jou te beskryf nie, ek staan verstom, en geduld is so 'n gagga woordjie ;-)

Sondag bietjie terug na my roots toe, spring op die bike en slaan die pad Snorcity toe om my beursie te gaan haal mmmm ja ek is maar eintlik 'n biker, moerse lekker gewees, lekker ge-eet (dankie weer vir die lekker geselskap) weer op die bike terug Springs toe, nota aan myself, oppas vir idiots op die pad wat ry asof die pad aan hulle behoort...

Wat het ek oorgehou van die vakansie, nice memories, 'n kopseer of twee en natuurlik my baard, ek het besluit om hom te hou, ek dink dit lyk cool, of miskien was ek maar net gatvol vir my eie bakkies! Uhm kan iemand my miskien net help en se hoe hou ek die ding een lengte??!

Hulle se wat die hart van vol is loop die mond van oor, ek wonder partymaal! Die winter is op hande, ek kan dit voel, dit byt in die aande en in die oggende! Alleenslaap in die winter?? Geduld seun, uhm dis die werkwoord, uhm of is dit die wagwoord?? Hehehe!

Jy moet 'n great daggie he Maandag en 'n stunning week, onthou die movie en ek mis jou, elke sekonde van elke minuut van elke uur van elke dag!

En die res van julle, toe-toe nou gaan werk voor die baas jou vang op die blogs rondkuier!

Wimpie

4 comments:

Anonymous said...

Ai ai ai...

Wimpie van der Sandt said...

die witbors kraai...

Anonymous said...

o van der sandt ek het toe die band gesien....awesome ;-)

Anonymous said...

Viva die STORMERS !!! Kry vir jou 'n knipper om die baard een lente te hou