Anyway, so ek is terug en lus vir die ding (sorry anonymous).

Dis maar okay, die Americaners klink cooler as ons anyway, en in die woorde van daardie bastion van Afrikaanse TV aanbieders, Kurt Darren, "Dis sommer baie cool y'all!"
Spaar 'n gedagte vir die arme mense wat ons nooit aan dink nie, die haweloses en die sonder dakke oor hulle koppe wat die koue winter moet trotseer sonder elektriese komberse, elektrisiteit, hulle is ons een voor!

Battle of the bands skop af op Dinsdag die 29e by Carnival City se Supersportshowbar. Elke aand 10 bands wat drie liedjies elk speel, daar is vier beoordeellaars, ekself, Rea le Roux, en twee Klipdrift verteenwoordigers, elke week gaan een wenner deur na die halfeindronde waar daar uiteindelik twee van sal wees met ses bands elk. Die wenners daarvan is in die groot final op 19 Julie in die Big Top by Carnival saan met die Parletones en Snotkop.
Almal by die show sal kan stem vir hulle gunsteling wat uiteindelik 'n platekontrak, bestuurskontrak en verskeie lewendige optredes regoor die land en 'n R5 000 kontantprys sal wen. Toegang elke Dinsdagaand is R10 per persoon met 'n klipdrift promosie uhm dubbel en coke vir iets soos R12 en die final gaan 'n behoorlike jol wees almal ken die Parletones en Snotkop! Toegang vir die 19e Julie is R90 Golden Circle en R50 vir sitplekke, enige bands wat nog wil inskryf kan my epos by wimpie@ors.org.za.
Hier is 'n voorsmakie:
Lekker!
Ek is versigtig optimisties oor die toekoms so van 'n afstand af. Iemand baie na aan my gaan deur 'n helse beproewing op die oomblik en as ek so sien wat die persoon toegesnou word dan is ek gefrustreerd want ek wil so graag by daai persoon staan en beskerm..... maar helaas dis my nie beskore nie, weet net ek doen anyway al kan ek dit nie se nie, en ek kry saam seer! En o ja ek koes saam!
Ek gaan nie galbraak oor Mugabe of Eskom, telkom of helkom nie, weet maar net my gevoelens oor dit alles is nog dieselfde inteendeel dis nog erger! Ek het net besluit om te chill oor die lewe, ai!

Lekker werk dudes!
Wimpie
10 comments:
Baie skerp ne.
En dankie...ek weet en ek waardeer dit!
Geniet PSP(of whatever) en moenie ophou blog nie, maar...haha
Ek gaat ook saam! Hehe!
Ano...
play station potable...psp dude!
ano...hehehe sal laat weet of ek gaan ;-)
Sorry bra, ek's nou nie Nolan Bushnell nie, maar ek kan 'n game of twee speel!
En is dit nie play station poRtable nie ;-)
nolan bushnell ... impressive dude!
Ja nee, ek weet waarvan ek praat!
ek raak bang ;-)
Bwhahaha!
Ou Nolan, jaaaare lank al vriende.
Welkom terug jou gemis op die breakfast show.
Big and bad, jy klink verlief of opgewonde oor iets, geniet dit!
dag bliksem, martin hier. ek het jou mos gese ek dink jy is gay. en jy moet my wipers kom fix!!!lol. muni worry ni ek het dit al klaar self reggemaak maar jy skuld my nou n dop. se groete vir jou girl
Post a Comment