Sunday, April 13, 2008

Hier is my band hehehe!

Eerste dag van vakansie vir my was 'n lekker een, Vrydagaand gekuier saam met Rea le Roux, ek was verbaas sy kan sing, okay ek het geweet sy kan sing maar het haar nog nooit in aksie gesien nie, ek sien haar toe sing, sy vra my om haar te bestuur ek se ja maar net as my band gou 'n paar songs kan sing, sy se ja sure maar net as ek gou vir haar 'n idolskompetisie MC, ek se ja en daar het ons 'n deal!


Nog self nie lekker seker wat dit alles beteken nie sal maar uitvind, baie foto's is geneem en ek kry nie een geplaas nie, weet nie vir watter rede nie sal aanhou probeer....mm en ouens sy is flippen mooi en ek hoor pas geskei, sal julle haar nommers stuur...hehehe! Toema Rea met 'n 'e' ek sal nie! Kay ek het die foto ding uitgesort!

Dit was 'n awesome show en vir iemand wat nie veel verwag het nie was ek aangenaam verras. Jy het baie energie girl en dit was nice om iemand te sien actually beweeg op die verhoog, en ja ouens sy kan beweeg. Nice! Dankie Rea, my Vrydagaandjie opgekikker!

Nou weet jy mos al wat kom volgende, iemand gaan my mos vra hoe laat tree my band op! Dit gebeur toe!
Almal vra altyd vir my hoe lyk die band, wel hier is ons!
Die twee girls is ons backing vocals, ek self is op lead vocals, Ferdi is op lead "air guitar" en Martin op "air drums" hehehe! Ons sing 'n verskeidenheid songs maar spesialiseer in rugby songs!









En dis hoe ons blykbaar in aksie lyk!



















Jammer aan my golfspan, ek het die onvergeeflike sonde gepleeg en nie opgedaag vir Saterdagoggend se Golfgame nie....ooops! Wou net so 'n uur slaap en toe skrik ek na 11H00 wakker....uhm hulle het 07H00 afgeslaan! Sorry julle!

Die Stormers was awesome Saterdag, ek weier nog om te veel opgewonde te raak maar ons lyk darem beter as die Fools....uhm sorry die Bulls!

Vakansie....heerlik, Wimpie-tyd en ek het dit nodig, gaan dit gebruik!

So dit is omtrent al nuus vir nou, ek is bietjie op vakansie by die radio. Lekker! werk bietjie vandag, twee vergaderings en dis dit... dan drinks saam 'n goeie vriendin, volgende week seker weer op Glitterati!

More, Dinsdag, gaan ek visvang en Woensdag lunch saam 'n bleangrike persoon, o ja en Dinsdagaand Groet die Grotvrou kyk, thanks vir die invite!
Die Breakfast show ondergaan 'n gedaante verwisseling op 5 Mei, ek kry bietjie hulp in die form van 'n mede aanbieder met blykbaar 'n dogter wat 'n finalis was in Mej. Suid-Afrika....hehehe! Sien uit daarna, ek sal bietjie later meer info gee soos ek dit kry, ek sien uit!

Later

Wimpie

Ps: Hier is twee musiekvids van Rea....enjoy!



6 comments:

Anonymous said...

Aggenee Wimpie, die dirl kan mos nou nie sing nie en dit is swak kwaliteit videos.
Lees ek alweer liefde in die lug en het jy al haar nommer gekry?
Geniet jou af-week!

Wimpie van der Sandt said...

aaag ou anonymous...

nee, ek raak nie verlief op elke girl wat ek sien nie en ek dink sy kan sing...

verlief....eish gee my tog bietjie krediet man!

Anonymous said...

Hey

Jy moet hierdie verlof gebruik om jou kop skoon te kry. Fokus bietjie op jouself en jou toekoms. Dit kan nie lekker wees om alleen te wees nie.

Liefde

Ina

Blou Bul said...

Hi Wimpie ek hoop darem jy sing jou eie songs en nie net ou Boet Pretorius en Leon Schuster rugbysongs nie.Asb iets oorspronkliks sal nou lekker af gaan.

Plaas bietjie `n videoclip van julle songs.

Wimpie fok almal wat jou kritiseer oor die baie girls,ja steek eers in die bondel en behou dan die warmste een.(lol)Maar ja jy wil seker nie alleen oud word nie kry vir jou `n lewensmaat.

Rea Le Roux.... wie worrie nou of sy kan sing, sy lyk heerlik.Mmmmmmm

Ek het nie geweet jy en Yolanda Barnard is sulke goeie gabbas dat sy van jou gaan skinder in "C"litteratie.

Blou Bul said...

Ag fok ek sien hier kom `n Highveld Stereo en `n Jerremy Mansfield se gekots.Ek kan my net indink hoe gaan die Breakfast show klink.

Hoekom wil Oos Rand Stereo nou na-apers wees??????????????

Anonymous said...

Hehehe! At least kan jy my laat smile op 'n Maandagoggend....

Ano

PS... sien jy het jou mail opgespoort! :-)