Tuesday, April 22, 2008

Janine

Ons skryf elke dag aan 'n ou boekie, of jy 'n skrywer, digter of sommer net 'n gewone mens is, in die dieper betekenis van die lewe is ons almal maar net skrywers... en skryf ons nie lekker nie, aan die verhaal wat eendag vir jou die lekkerste gaan lees, die storie van jou lewe....

Ek kan al die cliche's opnoem, jy bepaal jou eie geluk, die lewe is die keuses wat jy maak, blah, blah, blah, maak nie saak nie, ons almal is 'n karakter...

as ek jou sien deur die oe van my hart
en ek wonder wat jy dink daar in die vensters
van jou siel waar ek probeer kyk maar nie
kan sien nie, iewers het ek jou gekry en net
daar weer verloor....

Die briefie van jou af sal ek nie gou vergeet nie, ek dink nie jy weet hoe seer jy my maak nie, jy lees mos my blog, een ding waaroor ek trots is, jy het darem by my geleer skryf sien ek.... nice naam vir 'n blog, Kinders pa's en dinge...

Ek kan ook baie se, en ek kan jou seermaak soos jy vir my, maar ek sal nie, jy sien die dag toe jy gebore is het ek nie die keuse, soos jy blykbaar, gekry om jou lief te he of nie, ek was lief vir jou van die eerste keer dat ek my oe op jou gesit het, ek was nog altyd lief vir jou, miskien was ek verkeerd om te dink jy weet dit altyd, miskien was ek verkeerd om jou te selfstandig groot te probeer maak en miskien was ek verkeerd om te dink jy verstaan dat ek jou die beste mens probeer maak wat ek moontlik kan...

Jy sien ek kan nie soos jy omdraai en se jy is niks meer van my nie, ek vind dit nie so maklik nie, ek is lief vir jou maar respekteer jou gevoel.

So hier is my jammer, op my blog, soos jy gevra het, ek is jammer oor jou brief ek is jammer vir wat jy gese het, my hart is stukkend!






Ek kan blog oor baie goed maar ek sal nie true wees teenoor myself as ek nie oor die goed skryf wat belangrik is en in my lewe is nie, ek dink baie sogenaamde bloggers mis uit op die betekenis van 'n blog.... 'n blog is veronderstel om 'n aanlyndagboek te wees, iets wat jy 10 jaar van nou af kan optel en se, vandag 10 jaar terug het dit en dit gebeur en dis hoe ek daaroor gevoel het, 'n stille getuienis van jou lewe, dis wat my blog vir my is, ek is jammer as ek persoonlike dinge uitlap op hierdie aanlyndagboek maar dis een van die hoekstene van my lewe en ek dink almal weet dit teen die tyd ek maak nie 'n moordkuil van my hart nie, dis die lewe en dis die werklikhede van dit wat gebeur in die lewe....

As jy nie met jouself kan eerlik wees nie, met wie kan jy dan, daar is baie dinge wat in my lewe gebeur het waaroor ek baie bitter spyt is maar wat ek net mooi dadels aan kan doen. Maak dit van jou 'n slegte mens....kind....pa?? Ek twyfel niemand is foutloos nie allermins ek, maar niemand is harteloos nie, allermins ek!

Wanneer jy sulke briefies kry soos ek gisteraand dan vat dit aan jou en dan kan ek nie voorgee alles is okay in my lewe nie, ek is 'n te emosionele mens, vat nie baie om te sien hoe ek oor iets voel nie.... ek sal jou sommer vertel!

Tyd alweer om te gaan uitwerk wat het die laaste 17 jaar van my lewe gebeur, hoeveel het ek as mens verander en dink ek, ek is nog dieselfde mens as toe Janine gebore is 17 jaar terug?? Ek ken die antwoord op daai vraag, dis heel eenvoudig die antwoord is nee, dink ek nog dieselfde oor enigiets in die lewe as destyds....uhm... nee ek doen nie, dis hoekom ek nie sommer net 'n 'n eensklapse verandering van jou lewe glo nie, dit kan tog nie so werk nie, dit het bykans 40 jaar gevat om my te verander in wat ek vandag is en dis nog lank nie klaar nie...

Jy sien dis vir my die belangrikste ding op jou lewenspad, dat jy oor die eienskap van verandering beskik en ek dink dis in 'n groot mate waarop omtrent elke godsdiens op aarde gebasseer is, verandering....van jou emosies en natuurlik die potensiele verandering wat dit in jou lewe kan meebring!

Dis ook hoekom dit so belangrik is om nie stil te staan by sekere hoofstukke in jou lewe nie en om aan te beweeg so gou as wat jy kan, jy wil nie te veel tyd op sekere plekke deurbring nie, die lewe is so bitter kort en jy moenie tydmors op die verlede nie... Life carries on ... with you, or without you, as jy nie daar is nie gaan jy geleenthede deur jou vingers laat glip en eendag wonder hoekom is sekere situasies, plekke en natuurlik mense en dinge op jou pad geplaas, miskien is iemand se paadjies met joue gekruis want dis jou soulmate, pot se deksel, net wat jy wil, maar bowenal is daai persoon op jou pad gestuur om 'n hoofstuk te wees in daai boeke wat jy besig is om te skryf....

Dit is die dinge van die lewe, mense en dinge, volgens my...ek kan verkeerd wees so volg jou eie kop.

Wimpie :-(

Hierdie song het vir my baie spesiale betekenis ... veral vandag... ek hoop jy vat die tyd om te kyk en te luister Janine (x2).

23 comments:

Anonymous said...

Janine('n briefie spesiaal vir jou),
Jou pa het jou regtig vreeslik lief!
Ek wens jy kon weet hoe seer sy hartjie is.
Nie een van julle is skuldig nie, julle moet net bymekaar uitkom en oor als gesels.
Onthou, die lewe is te kort om onnodighede toe te laat om tussen 'n spesiale band, soos tussen 'n pa en 'n dogter, te kom.
As daar vandag iets met een van julle twee moet gebeur, sal die ander een altyd met verwyte rondloop. En ek wil myself nooit in so situasie imagine nie, want ek dink dis hel!!

En Wimpie, ek weet jy't jou dogter lief, baie!

Sterkte, ek dink aan julle altwee vandag x

Anonymous said...

Janine, ek hoop jy lees wat hier geskryf word en neem dit in.

Jou pa is 'n net 'n mens en soos met enige mens het hy ook sy foute. Ek en soos baie ander weet nie altyd wat in jul lewens gebeur nie maar vir Wimpie ken ek baie goed. Onthou altyd bloed is dikker as water en waar dit nie loop nie daar kruip dit. Hy wil net die beste vir jou hê onthou altyd die Here het julle vir mekaar gegee. Jou vir hom om groot te maak na die beste van sy vermoë. Dinge werk nie altyd uit soos wat ons dit wil hê nie dit is die lewe en ons moet dit so aanvaar.

Onthou altyd hy is jou pa en sal dit altyd wees maak nie saak wat gebeur nie. Hy sal altyd daar wees en vir jou mag dit dalk voel jy het hom nie nodig nie maar glo my as ek vir jou sê jy sal eers besef wat jy verloor het as hy nie meer daar is nie.

Wimpie,

Ek weet nie wat fout gegaan het tussen jou en Janine nie. Weet net julle is in ons gebede. Gaan op jou knië en vra die Here om julle te dra deur hierdie tyd.

Baie liefde

Ina

Anonymous said...

HI WIMS,
SIT OOK MET SULKE PROBLEME. MY MAN HET MY KIND UIT DIE HUIS UITGEJAAG, HOEKOM WEET EK NIE WANT HY IS NIE 'N MOEILIKE KIND NIE. ALMAL MAAK FOUTE EN EK DINK SOMS HY VOEL BEDREIG DEUR MY SEUN(SY SITEFKIND) TOE ONS TROU HET HY HULLE WETTIGLIK AANGENEEM MAAR WIL NOU NIKS MET HOM TE DOEN HE NIE. EK HET GEEN KEUSE NIE. AS EK MOET KIES TUSSEN MY SEUN EN MY MAN BLY JOU KIND ALLES IN JOU LEWE EN BLOE
D KRUIP. SOMS VERSTAAN MENS NIE AL DIE DINGE IN DIE LEWE NIE, MAAR EK GLO EENDAG SAL ALLES SEKER 'N REDE HE. EK DINK AAN JOU EN STERKTE ONS SAL STERKER ANDERKANT UITKOM MET BAIE LEWENSLESSE OP ONS KERF.

Anonymous said...

Dag dude, my wipers gee nogsteeds probleme!! Moet net se dat die stukkie nogal touching was en ek glo julle twee sal dinge vinnig uitsort. sterkte dude.

Anonymous said...

Pursuit Of Destiny

"As long as we are persistent in our pursuit of our deepest destiny, we will continue to grow. We cannot choose the day or time when we will fully bloom. It happens in its own time"

- Denis Waitley -

Anonymous said...

(((WIMPIE)))
Sommer net en hoop jy voel so klein bietjie beter!

Blou Bul said...

Howzit Wimpie.

Ja "die pyn gedagte" aan jou dogter, as hulle maar net weet wat hulle soms aan ons doen. Ek moet self se toe my dogter 17 was en in standerd nege (Graad 11) 2004 in Johan Jurgens het ek en sy soos kat en hond baklei, sy was opstandig, beterweterig, eiewys en op `n jol stadium.My vrou moes bontstaan en wou nie kant kies nie, maar het maar “geintervene” , dan was my vrou in my slegte boekies of in my dogter sin, want sy kies mos kant.Ek was volgens my dogter altyd verkeerd en het mos nie verstaan nie.Maar ja noem my maar outyds maar fok reg is reg en verkeerd is verkeerd.Tieners sal altyd vinger wys , onthou hoe ouer jou kind word na twaalfjarige ouderdom hoe meer groei hulle van die ouers afweg en hoe belangriker word vriende en die wagtende wereld.

Wimpie ek admireer jou en weet hoe hoe jy voel, maar weet eendag gaan hulle oe oop en selfverwyt sal begin intree en ware wysheid en insig kom met tyd. Ja dis moeilike jare die tiener jare en begin twintigs, maar waneer jy weer jou oe uitvee het sy ontpop as `n volwaardige wyser vrou dit gebeur sommer ast ware oor nag.My dogter het matriek geslaag in 2005 en het vir twee maande gaan werk in die Waterfront in Kaapstad in Januarie en Februarie 2006 en het weer teruggekom na ons in Springs omdat die lewenskoste daar net te hoog was, dit was die eerste eyeopener.Daarna was sy vir nege maande in Amerika (VSA) waar sy gaan werk het en dit was `n flippen goeie leer skool en walla, my kind het terug gekom as `n vrou skielik baie wyser en mens kon met haar lekker chat en saam leef.Verlede jaar het sy die grootste deel van die jaar in Ierland gaan werk saam met haar boyfriend en sy het baie , eintlik vreeslik verlang en was nie gaande oor Ierland nie, sy wil met alle mag emigreer Amerika toe veral Chicago.Sy werk tans in Benoni.Sy word volgende maand 21.

Ja sy het groot geword ons kom nou baie goed oor die weg, maar ja soms stamp ons nog koppe maar dis die uitsondering, as die reel.Janine as jy maar net weet wat jy doen sal jy in trane uitbars, maar dis `n stadium van jou lewe.Los jou pa dat hy sy lewe ly soos hy goeddink, en wat verby is en wat ooit al gebeur het kan nie met woord sommer net reggemaak word nie.Onthou verkeerde woorde ,al is dit op papier skeur harte stukkend, two wrongs dont make a right.

Sterkte vir julle ek hoor graag van die vergewing en versoening.

Hastilla Vista.

Anonymous said...

UIT DIE MOND VAN n SUIGELING... JY STAAN SKULDIG.

Anonymous said...

Jong... jy moet spesifiseer DUDE!!!

:-)

Hierdie entry kan nogals dubbelsinnig gelees word......

Ano

Blou Bul said...

Nou eers vir Van der Sandt die leviete voorlees.

Nee, assefokenblieftog net nie gay nie , kyk jy wil mos nie `n rioolboor wees nie of wil jy?????Gay mense is ware vriende en kan met geld werk, glo my, maar ook die wraak van `n gaypersoon as sy maat hom of haar verneuk is wreder as heteroseksuele mense.Dit het my oe al aanskou.

Nee,.....triljoenmaal nee gee my `n lieflike vrou, shucks ek like girls, hoe water my mond nou.As iemand ooit moet se ek is gay dan se ek vir hom bring jou vrou of jou girl dan wys ek jou wat is gay.

Ek sal nie eers `n grap maak en se eks gay nie en daar is baie , fokken baie beter plekke om by uit te hang as gayklubs.

Anonymous said...

Ek dink die persoon bedoel net dat kinders nooit oor sulke dinge kan jok nie. As jy so n social lewe het, soos jy altyd se jy het, waar kan enige goeie pa tyd maak vir sy kind.

Blou Bul said...

Wimpie, ek wil graag weet wat dink jy van volwasse persone en veral "vermaaklikheidsterre" wat kinders teen volwassenes en veral onderwysers opsweep??Ek wil eerlik waar weet.Anders bel ek jou more oggend op die lug.

Die einste Snotkop wat jy so ophemel, is besig om die jeug/tieners lelik te beinvloed en op te sweep.

Sowat `n jaar en `n half gelede was ek saam met my suster en haar twee kinders by `n doo vir jongmense in Pretoria en die einste patetiese Snotkop het daar opgetree en tweemaal vir die jongklomp aangemoedig om te suip. Hy het ook die volgende kwytgeraak en vir die jongelinge gese as jou onnie more vra hoekom ruik jy na drank, dan se jy ag fok jou en gooi hom `n middelvinger.En ook as hy jou vra hoekom is jou huiswerk nie gedoen nie, dan wys jy hom `n toffie en se fok jou.Vra hom maar hy sal dit nie ontken nie. Ek en my suster en twee ander vrouens het ons jonges gevat en uitgestap.

Dan wil ons onsself afvra waarom ons kinders met ons so is.

Anonymous said...

Dis vir almal maklik om my te oordeel min weet julle ek was saam my ma en ek is nog altyd lief vir my pa ek ken hom net nie regtig nie want weet jul hy was nog nooit daar vir my nie, altyd tebesig met ander dinge, ek het hom amper hoeveel maande terug gesien maar nee ek is mos verkeerd maar pa maak nooit tyd vir my nie.

ek is partykeer verkeerd ek weet dit maar pa ook ek het my self elke aand aan die slaap gehuil pa se luisteraars ken nie die volle waarheid nie pa het self daardie eendag vir my gese jy weet jy het baie van my lewe gemis dit was asof ek nie 'n pa gehad het nie 'n dogter het 'n pa nodig maar ek het net 'n ma wat haar bes doen vir my.

ek wens net pa kon verstaan ek is nie die enigste een wat se pa was nooit daar vir my nie en jy sien my nooit nie. Ek voel glad nie soos jou eerste kind of prioriteit nie die mense wat my nou so oordeel weet nie wat gebeur in my lewe nie niemand ken die waarheid nie. Ek is nig altyd die een wat alleen moes reg kom. Ja ek is lief vir pa sal altyd wees ek dink net pa moet dink oor wat pa al my jare gemis het en verloor het. OUCH!!!!

Ek is ook net 'n mens wens net my pa was daar vir my maar julle weet nie.

Anonymous said...

Net ons familie weet die waarheid almal weet ek was nooit regtig deel van pa se lewe nie. As jul net geweet het.

Blou Bul said...

Janine ja net julle sal weet.Ek moes geweet het `n saak het twee kante.Maar sterkte vir julle.Geniet die skool en Wimpie wees nou `n pa!!!!!Skaal af fok dit om ander te impress en impress vir Janine.

Anonymous said...

En ek wonder of dit die regte tyd en plek is om so iets persoonliks te bespreek???

Of WIL Janine jou maar net terugkry Wimpie??? Ek vra maar net!

Anonymous said...

Wimpie ek het twee kinders en glo my ek weet waarvan ek nou praat!! 'n Meisiekind het haar pa of 'n ander pa figuur nodig!! Ken jou dogter, sy het jou nodig en jy het haar nodig!! My eks is ook nie daar vir sy kinders nie, Koos het op 'n stadium hard probeer - op die oomblik is my pa wat die oupa is, die pa figuur in my kinders se lewe!!

Verlore tyd word nie ingehaal nie, nooit nie!

Sterkte vir jou en jou dogter.

Anonymous said...

JANINE:WAARDEUR JOU OUERS TERWYL HULLE NOG DA IS VIR JO.(AL WAS JO PA NIE VROEER JARE DA VIR JO SOOS JY SE IN JO BLOG NI) WANT DIE DAG WAT HULLE NIE DAAR IS NI GA JY SPUIT WEES.MAAK GEBRUIK VAN DIE TYD WAT OOR IS EN WAARDEUR HULLE,VERGEET VAN DIE VERLEDE WAT HY NIE DA WAS NIE,WAT SAAK MAAK HY IS NOU DA VIR JOU EN WAARDEUR DIT...(GA LUISTER BIETJIE DAAI LIEDJIE VAN CHER IF I COULD TURN BACK TIME)
DA IS HOEVEEL KINDERS WAT HUL LEWENS SAL GEE VIR 'N PA EN 'N MA.EK HET NOG NET 'N PA MY MA IS AL 7 JR OORLEDE TOE WAS EK NET KLA MET SKOOL,DIT IS MOEILIK WANT EK HET 'N RUKIE TERUG N PRAGTIGE BABA SEUNTJIE EN EK TROU EEN VAN DIE DAE EN EK SOU ENIGE IETS GEE NET OM MY MA VIR NET EVEN 5 MINUTE BY MY TE KAN HE DAT SY DIE VREUGDE MET MY KAN DEEL.SKRIK WAKKER GIRL WANT DIT MAG VIR JOU VOEL OF JO PA NI DA WAS NIE EN IS NI,EN SOOS JY SE NET DIE (FAMIELIE WEET)MAAR JA SKOON FAMIELIE IS ALTYD HAKS AS DIT KOM BY EKSE.AS JOU PA NIE OMGEGEE HET VIR JOU NIE DAN SOU HY NIE JULLE SITUASIE OP DIE BLOG GE SIT HET NIE,SKRIK WAKKER.
'N MENS VERUIL JOU OUERS VIR NIKS IN DIE LEWE NIE.AL IS HULLE KRIMENELE.

KYK VORENTOE NIE AGTER TOE NIE

JS

Anonymous said...

Janine

Waardeur jou pa solank jy kan. Ons weet waar deur jy gegaan het. Maar dit maak nie saak nie jou probeer dit mag vir jou voel of hy nie vir jou omgee nie maar hy doen. Eendag wanneer jyself kinders het sal jy besef waaroor die lewe gaan. Moenie oordeel nie.

Anonymous said...

Janine

Jou oupa, ouma, oom, tannie, en niggie is en was nog altyd vir jou daar.

Die tong is magtiger as die swaard en as mens kwaad is sê jy goed wat nie terug gevat kan word nie.

Moenie vir Janine oordeel nie en moet ook nie vir Wimpie oordeel nie. Nie een van ons wat op die kantlyn staan weet wat werklik in enige een se lewens aangaan nie. Janine jy en jou pa moet hierdie ding vir julself uitwerk. Hierdie is jou pa se uitlaat klep en seker nou joune ook maar moenie vuilwasgoed in die openbaar was nie.

Sterkte vir jou en jou pa onthou ek sê weer ons is almal mense met foute niemand is volmaak nie allermins jou pa

(((Janine,Casandra en Wimpie)))

Ina

Anonymous said...

Janine.

jy moet net weet dat jou pa baie vir jou omgee en dat jy alles vir hom is. ek ken hom en al dink mense wat van hom en se wat van hom gaan hy altyd jou pa bly en sal so ook altyd lief bly vir jou. en om hemels naam muni elke keer dat hy jou probeer reg help ini lewe jou moer pluk en hom vir n vark uitmaak ni! jy is net sewentien en behoort nog reels na te kom! oor twee jaar kan jy maak net wat jy wil en dan sal jy dinge inelkgeval anders begin sien.

Wimpy my vriend,muni moed opgee ni, jy is n pa wat sy dogter wil reghelp ini lewe en doen dit so goed jy kan. ek sien jou weer wanner die band speel.

martin

Anonymous said...

EERSTENS: KAN JULLE MENSE NIE SPEL NIE. JANINE JY SAL WEET VAN WIE DIT KOM. EK VERSTAAN EN WEET!

Anonymous said...

Julle wat se ja ek moenie die persoomlike of vuil wasgoed op die openbaar sit nie ek het noit hierdie ding altans storie op sie blog gesit nie my pa het

Al die mense wat se ek maak hom 'n vark uit ens... Nee jul ken nie die storie nie jul glo net wat hy vir julle se en nous ek die vark in die verhaal en nee nee my anderkanste familie was net daar wanneer hul my moes sien behalwe Oom danie hulle julle et nie 'n idee wat aangaan of gebeur het nie dankie vir die wat wel verstaan en wat weet wat nog altyd die waarheid was.