Wednesday, April 9, 2008

My briefie vir jou!

Hey Bra!

Ek flippen hoop jy lees nog my blog! Ek het ongelukkig heeltemal kontak met jou verloor maar ek vertrou jy lees nog my blog! Ek skryf vir jou want ek het die laaste twee dae baie aan jou gedink...

Hoekom, seker maar omdat ek iemand gesoek het om bietjie mee te gesels, die lewe druk 'n bietjie, hehehe! En ek mis die lekker laat aande voor die hifi, onthou jy ons kon altyd so lekker saamsing met Don Williams, Bon Jovi, Ge Korsten en natuurlik die Bloubul, dis nou voor jy so onverwags gewaai het!

Moet jou vertel wat alles in my lewe aangaan na jy padgevat het. Ja jong lyk my jy was reg oor 'n paar goed en verkeerd oor 'n ander paar, jy was verkeerd toe jy gese het die Blou Bulle sal nooit weer verloor nie, weet nie of jy die Super 14 volg nie, maar ek dink julle is omtrent so 12e op die punteleer hehehe! Niks teen jou nie maar dis lekker om nie elke Saterdag die "Blou smurfies" die wereld vol te sien nie, ja die Bulle se ondersteuners is nou maar stil en dra nie meer so baie hulle blou truie en horinghoede nie!

Lyk my jy was reg toe jy gese het ek gaan nog alleen oud word, damn it man ek probeer so hard en dis hoekom ek met jou wou praat die laaste twee dae, ek luister altyd na jou raad as ons eers vir 'n aand daaroor gedebatteer het oor 'n bottel van die kaptein se beste!

So ek sou kon doen met jou raad die keer ou grote!! Ek is nog steeds by die radiostasie, ek dink ek is nou beter as wat ek was, jy sal my nou meer geniet dink ek. Ek kuier nog so nou en dan saam met ou Hennie en die res van die A-team maar dis maar min, ek kry nie meer rerig die tyd daarvoor nie, nou die dag vir Jan gesien en vinnig met hom gechat, smaak my die ou is verlief, huh, ja ek se jou, ek het nog nie die girl gesien nie, hoor sy het 'n mooi persoonlikheid!

Thabo call nog die shots hier in Suid-Afrika maar ek dink die meeste mense is nou al gatvol en kan nie wag dat Zuma moet oorneem nie, jy het seker gelees Zuma is die nuwe leier van die ANC??

Ek het toe intussen die GROOT show met Steve en Anton gedoen waaroor ek en jy aande om oor gedebatteer het, en ja Steve het toe opgegee en met 'n band gesing!

Hey man ek mis jou, sou graag wou gehad het jy moet my kontak, nog een ou kuiertjie tot die son opkom jy weet, nog net een maal met jou stry oor rugby en musiek en die dinge van die lewe. Ek is seker jy sou my kon vertel hoe om die jongste hoofstuk van my hartsake te hanteer jy was altyd so goed daarmee, onthou jy hoe jy my gebel en gewaarsku het toe my vyf girlfriends almal gelyk by jou huis aangekom het, ons het lekker gelag.... ai dis so lank terug, daai tyd was dit soveel makliker om 'n girl te kry, wel vir my anyway, miskien het ek net te kieskeurig geword so met die ouderdom saam....

Dis jammer jy was nie hier vir my veertigste verjaarsdagparty nie jou bliksem! Dit was lekker en bietjie sad. Jy sal nie vir Wian herken nie, hy is yslik groot, doen gimnastiek het die jaar skool begin gaan en hy speel rugby, met shoulderpads en so aan!

Janine is net so yslik groot, ongelukkig nes haar pa, eie wys jy kan haar niks vertel nie sy is mos 'n tierner en 'n van der Sandt, maar sy lyk nie soos een nie, sy is net baie mooier, miskien maar die looks deel by haar pa gekry!

Wel dis omtrent dit hier van my kant af, ek hoop en vertrou jy kry hierdie gelees en ek hoop alles gaan goed daar aan jou kant.... Ek het gister my haarstyl bietjie verander, en ek is al weer in die moeilikheid by die werk, weer uitkakparade vandag...

Ek kan nie glo dis al amper 'n jaar terug wat ek 'n speach moes gee by jou begrafnis nie, sal bietjie die naweek gaan kyk of hulle darem mooi kyk na jou lappie grond daar in die begraafplaas...

Ek was serious ek mis jou, mis ons diep gesprekke jou vriendskap en jou raad...

Nou ja...

Wimpie

7 comments:

Anonymous said...

Wimpie dit is diep, ons almal kry sulke dae, waar mens iemand mis wat weg is. Somtyds praat ek so met my pa. Dit help om bietjie net te praat en nie te verwag iemand moet antwoord nie.

Anonymous said...

Wimpie 'n mens kan nie sonder 'n ware en opregte vriend deur die lewe gaan nie! Ek en my beste maatjie ken mekaar al sedert 1982, glo my ons weet alles van mekaar, al haar geheime is veilig by my, en al myne by haar!! Ons is daar vir mekaar - ons luister as die ander een praat, ons gee raad, ons ondersteun mekaar geweldig baie! Hoop hierdie vriend (in) van jou lees jou blog en dat julle alle verlore tyd sal inhaal! Mag jy hierdie dag geniet.

Wimpie van der Sandt said...

Thanks morras, soos altyd, ek waardeer wat jy se!

Anonymous said...

Hi Wimpie

En more sal die son weer skyn!

Anonymous said...

Mens voel jou seer, en laat MY net weer dink om maybe mense wat saakmaak en wat ek voor omgee en wag ek lief het, MEER te vertel hoe ek voel... want sê nou maar net 'more kom nie'???

Is nogals nice om te 'voel' wat iemand voel, en dit deur woorde.....

Anonymous said...

Sjoe, jou briefie het sommer so seer in my hart gemaak.
Weet vandag was nie 'n lekker dag vir jou nie, maar jy weet tog hy is in jou hart vir altyd.
Ek plaas nou onmiddelik 'n reminder in my dagboek vir die 15de...
Geniet jou aandjie en dankie dat jy so eerlik en uit jou hart praat, gee nie om wie wat se nie, jy is 'n amazing mens!

Anonymous said...

Hi Wimpie

Lees so rukkie jou blog en moet sê jou briefie is regtig nice ou maat. Ek weet nie aan wie is dit geskryf nie maar glo my hy lees dit verseker. Sterkte en voorspoed.