Om te kan lewe is 'n voorreg, ek is nie seker dat almal dit so sien nie, maar dit is 'n feit....
Sommige mense sien dit nie so nie, ek begin elke dag dit meer besef in my eie lewe, hoe lank vat dit om groot te word en wat beteken dit om groot te word?
Ek weet nie ek wens ek het geweet kans is dat ek nooit gaan weet nie. Hopelik eendag kry ek antwoorde vir sulke vrae en ander, wat my menige slaaplose nagte al besorg het, en seker nog gaan besorg in die toekoms.
Eendag miskien, sal ek ook rustigheid in my gemoed kry, ek dink persoonlik ek stel te streng vereistes aan mense na aan my of in my kringetjie kennisse en dan maak dit die deur net groter oop vir teleurstelling, hoekom vertel ek dit vir jou? Nee ek het nie een of ander teleurstelling gehad nie, maar ek is nie blind vir ander mense se pyn nie en ek kan sien wanneer mense seer het en vir die eerste keer in my lewe kan ek daarmee empatie he en verstaan wat daai mense deurgaan.
As ek iewers in my lewe mense seergemaak het dan vra ek omverskoning, dis nie lekker om te sien hoe mense na aan my hart, seer het, en ek kan met die beste intensies in die wereld nie dit beter maak nie, weet net as dit eenisins kon doen dan sou ek, en weet net ek is altyd daar vir jou wat naby my hart is.
Hoe moeilik is dit om op te staan en die stukkies van jou lewe bymekaar te maak na 'n goeie valslag, dis blerrie moeilik en nie almal is ewe effektief daarmee nie, daar is drie twee mense in my lewe wat baie seer het op die oomblik en ek wens so ek kan dit beter maak, al wat ek het om te offer is my liefde en my vriendskap, ek weet dit steek maar sleg af teen wat jy werklik nodig het, maar dis myne om te gee en ek offer dit vir jou, dis hoe dit is....
Gister so op vakansie bietjie gewerk daar is baie verwikkelinge op werksgebied vir my maar ek sal die ander persoon toelaat om die aankondiging te doen, ek is opgewonde, dink dit gaan baie nice werk en kan nie meer wag nie, lekker!
My vakansie is amper daarmee heen, net die naweek wat oorbly, ek hoop dit gaan 'n lekke een wees!
Maandag blog ek bietjie meer, vir nou is dit 01H33, ek gaan slaap, Go Stormers!
Wimpie
Friday, April 18, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
'n Week sonder Wimpie in die brekfast show vat sommer die skop uit die dag!! Joker jy is ook cool het jou geniet in die oggend. Ek het jou geselsery in die oggend gemis Wimpie, en sommer ook jou uitbarstings oor goed wat nie kwaai in die land van ons is nie, want dan weet ek dis nie net vir my wat die goed gat nie. Ek gaan jou mis in die oggend as ek eers 'n New Zealander is want my gesin is voor die einde van die jaar uit S.A. Sad but true, moet beter toekoms vir my kiddies gaan soek!
Hi
Geniet jou laaste dag en ook die naweek. Sterkte vir Maandag
Ina
Post a Comment