Monday, April 7, 2008

Wie neuk my dag op!

Almal doen dit so ek gaan ook maar dit doen. Miskien is ek meer gekwalifiseer as ander om dit te doen dit is per slot van sake my werk.... okay here goes, almal se vraag wat is jou gunsteling tien liedjies van alle tye....

Wel ek kan nie dit sommer so doen nie kom ons gee dit drie afdelings, gunsteling Suid-Afrikaanse songs, Afrikaanse songs en Internasionale songs:

Ek doen gou Suid-Afrikaanse songs eerste, kyk hoeveel jy herken, o ja was nogal funny op 'n ander blog vandag, top tien gunsteling Afrikaanse songs van alle tye.....drumroll en nommer agt behoort aan.... Kurt Darren, Standing on the edge....huh??

10. Platform 6 - Woogie Boogie
9. Coppefield - You win again
8. Boby Angel - Green eyed angel
7. Bruce Millar - I wont give up
6. McCully's Workshop - Buccaneer
5. Evoid - Shadows
4. Johnny Glegg - Impi
3. Bright Blue - Weeping
2. Roy Bulkin - Soldier of Fortune

en my favourite van alle tye, Ballyhoo se man on the moon, dis ook my favourite showersong.... wat meen jy wat is 'n showersong, okay in Wimpie wereld is dit 'n song wat jy in die shower beter as die actual kunstenaar kan sing!

Ek kan nou nog AL die woorde onthou so as jy dalk vergeet het, hier is die song



Cool dis gedoen volgende week doen ek my favourite Afrikaanse songs gaan eers oor 'n paar koues daaroor nadink...

In Mugabewe is daar nog geen wenner van die verkiesing nie...uhm ja en ons is nog stil en diplomaties daaroor, ek beginne dink ek moet ook saam met Jakob 'regop' Zuma gaan braai want hy begin my meer na 'n leier lyk as wat ons nou het, hy het darem Maandag 'n meeting gehad met Morgan Tsvangirai, komaan Mbekeki bedank toe man tyd vir regte leiers om asseblief op te staan en vir monkeyman van die Banana republic noord van die Jukskei aan te vat...

Praat van aanvat, interessante debat gehad oor Godsdiens met iemand wie se denke deur iemand anders beinvloed is.... dis vir my ongelooflik dat ons met ons beperkte kennis van die heelal, ons weet maar van dertien planete, dink ons kan die geheime van die heelal oplos, en in almal se eie anilise is hy self God en weet hy alles van eintlik niks af nie, dis vir my gevaarlike terrein in die sin dat ek nie ander se denke wil in 'n rigting stuur wat dalkies nie heeltemal reg is nie.... die feit is ons weet nie wat aangaan nie, ons maak staat op boeke wat deur mense geskryf is wat ook maar argumente vir-en teen wat hy se , opgedis kan word. Feit is niemand het van die hiernamaals gebel en vertel, eerstehands wat daar aangaan nie, ek het nog nie 'n video op Youtube gesien wat in die hemel of hel geneem is nie, ek kan heeldag op die hoogste en in sommige gevalle op die laagste vlak met enigiemand daaroor debatteer, hoekom want niemand weet nie, filosofie is maar net dit filosofie van iemand se brein wat iewers iets uitdink en dis hoekom dit maklik is om oor te argumenteer want niemand is reg nie en niemand is verkeerd nie.... want niemand weet nie!

Persoonlike sake:

Kay ek gou iets verduidelik... ek Wimpie is 'n freakin skerpioen, nie uit vrye keuse nie, so gebore, my beste eienskap.... lojaliteit, ek verwag dit van almal of jy my pel, lover, golfpartner of sommer net my hond is.... in ruil daarvoor gee ek presies dit terug op die hoogste graad.

Swakste eienskap....geduld....nee laat ek dit oordoen, gebrek aan geduld, dit bestaan nie in my woordeskat nie... wat is dit hoe werk dit en meer belangrik waar kan ek dit koop teen water prys?? Wetter, okay ek het nie geduld nie, ek dink alles moet onmiddelik gebeur en ek kan nie verstaan hoe en hoekom dit nie moontlik is nie, ek sal dink weet jy ons kon al lankal by die punt gewees het waar ons nog moet uitkom as almal sos ek was... wel okay dan....mmmm ja wetter kom ek wees geduldig vir 'n verandering.....ja mmm wat nou weer is die woord.... o ja geduld okay ek sal onthou!!

Ons sal maar sien waar gaan die lewe ons maak draai.... en nou tree daai ou Wimpie van der Sandt kwaal weer in volle glorie in, saam met ongeduld kom ongetwyfeld twyfel en dan is dit afdraande van daar af en eintlik aaaag weet jy wat ek het tog nie 'n clue waarvan ek praat nie en ja ou anonymous miskien is jy reg en miskien gaan ek NOOIT geluk kry in my lewe nie, dankie anyway dat jy comment jou ou drol, ek was in so 'n positiewe bui en jou comment het alles vir my gespoil so dankie! Okay so liefde bestaan nou weer vir nou, net in mense se verbeelding, is jy happy, wel cool dan!

Terwyl ek hier skryf en met myself worstel oor die belangrike feite van die lewe, mense en dinge, vries my TV skielik in die kamer, hoekom gebeur dit?? Nou moet ek weer die PVR in die TV kamer gaan reset.... kan jy glo my TV kamer is 46 tree van my kamer af, en dit in die middel van Cheaters, ag nee wat dink dis tyd om eerder maar net te gaan slaap more is nog 'n misrabele dag! Dis 22H30, dit vat presies 3 ure om my dag op te voeter!

Kyk jy Cheaters, dis vir my behalwe vir two and a half men, Boston Legal en Glitterati, hehehe, die enigste programme op TV wat die moeite werd is om te kyk, ek wonder of daar plek is in Suid-Afrika vir 'n program soos Cheaters, kan nogal interessant wees dink ek, ek wil net nie die aanbieder daarvan wees nie, kan jy dink jy gaan gou 'n steroid gevulde roidrage junkie met so 'n lekker blonde poppie wat hy sy vrou mee verkul uit 'n kroeg in Brits of Ventersdorp haal en die ou lyk soos Vernon Koekemoer.... hehehe nee dankie, Steve of Deon Maas sal dit goed kan aanbied, miskien eerder Steve wat dit lyk en klink mos alewig of hy almal kan en wil bliksem!

Vir al my Blou Bul maters, my dag is opgevoeter ek kan net sowel joune ook opvoeter, hehehe! Julle is 12e op die super 14 punteleer!

Op 'n meer ernstige noot ek begin daaraan dink om bietjie minder te blog, of miskien af te tree vir 'n wyle of om weer oor minder persoonlike goed te begin skryf, die rede as jy te veel persoonlike dinge oor skryf soos ek die laaste tyd doen dan maak jy jouself oop vir baie kritiek en mense begin 'n prentjie van jou in hulle gedagtes teken en ek is nie seker ek wil enigeen se cartoon karakter wees nie! Ek besluit bnog soos met so baie ander issues in my lewe, nog daaroor, miskien is ek net bietjie down vandag...



Later

Wimpie

Hierdie is bietjie hoe ek voel vandag, sit jou speakers hard as jy dit speel!

11 comments:

Anonymous said...

Wimpie

Jy gaan altyd mense in die lewe kry wat negatiewe kommentaar sal lewer.

Lekker dag vir jou

Ina

Anonymous said...

Ai Wimps

ek voel vir jou, dis alweer die storie van jou lewe jammer man.

DM

Anonymous said...

Jy moenie so baie grootpraat oor die wp, stormers en die maties op die radio nie, die blou bulle gryp na hulle tjekboeke om al ons spelers te koop!

Anonymous said...

Wimseun

Ek is nou moeg gewag boetie, waar is die Russiese girl wat jy belowe het jy gaan invoer?

Hulle verstaan nie Afrikaans nie bra, voer hulle in!
Thinus

Anonymous said...

Wimpie ek stem saam met Ina jy gaan altyd mense kry wat negatiewe kommentaar sal en gaan lewer!

Mag jy jou dag geniet!

Anonymous said...

ek dink ek weet dalk bietjie meer as enigiemand hier wat jou pla, moenie dat dit jou onderkry nie, mense is mense en sal altyd oor jou praat, party mense kan maar nie ander uitlos nie en jy is nou maar eenmaal baie sensitief al gee jy voor jy is nie.

ek weet wat is weer gister van jou gese en waar dit vandaan kom, bogger hulle bra, jy laat hulle wen, moenie!

Anonymous said...

Ai wimpels....

Nice jou tien gunsteling Suid-Afrikaanse liedjies, ek stem oor man on the moon, maak nie saak waar of wanneer jy dit hoor nie, dit bly 'n treffer, het jy geweet Ballyhoo sing donderdagaande by Carnival city se sportsbar, ek was onlangs daar en hulle moes daai liedjie drie keer sing.

sien uit daarna om jou afrikaanse treffers van alle tye te hoor, ek glo johannes kerkorrel sal sekerlik daar wees ne!

Wimpie van der Sandt said...

mmm ja dankialmal

kom ek maar net se wat ek wil se word die beste deur hierdie woorde omskryf hehehe!

We talk about your work how your boss is a jerk
We talk about your church and your head when it hurts
We talk about the troubles you've been having with your brother
About your daddy and your mother and your crazy ex-lover
We talk about your friends and the places that you've been
We talk about your skin and the dimples on your chin
The polish on your toes and the run in your hose
And God knows we're gonna talk about your clothes
You know talking about you makes me smile
But every once in awhile

I wanna talk about me
Wanna talk about I
Wanna talk about number one
Oh my me my
What I think, what I like, what I know, what I want, what I see
I like talking about you you you you, usually, but occasionally
I wanna talk about meeeeee (me,me,me,me-background singers)
I wanna talk about me (me,me-background singers)

We talk about your dreams and we talk about your schemes
your high school team and your moisturizer creme
We talk about your nanna up in Muncie, Indiana
We talk about your grandma down in Alabama
We talk about your guys of every shape and size
The ones that you despise and the ones you idolize
We talk about your heart, bout your brains and your smarts
And your medical charts and when you start
You know talking about you makes me grin
But every now and then

I wanna talk about me
Wanna talk about I
Wanna talk about number one
Oh my me my
What I think, what I like, what I know, what I want, what I see
I like talking about you you you you, usually, but occasionally
I wanna talk about me (me,me,me,me- background singers)
I wanna talk about meeeeeeee (me,me- background singers)
(I wanna talk about me- background singers)mmmm me me me me
(I wanna talk about me- background singers)mmmm me me me me
You you you you you you you you you you you you you

I wanna talk about ME!

I wanna talk about me
Wanna talk about I
Wanna talk about number one
Oh my me my
What I think, what I like, what I know, what I want, what I see
I like talking about you, you, you, you, usually, but occasionally
I wanna talk about meeeeeeee (me,me,me,me-background singers)
I wanna talk about me (me,me,-background singers)
I wanna talk about me (me,me,me,me,me,me-background singers)
Oh me!

Wimpie van der Sandt said...

of miskien praat ek stront ek wil eintlik dit se:
I pictured a rainbow
You held in your hands
I had flashes
But you saw then plan
I wondered out in the world for years
While you just stayed in your room
I saw the crescent
You saw the whole of the moon!
The whole of the moon!

You were there at the turnstiles
With the wind at your heels
You stretched for the stars
And you know how it feels
To reach too high
Too far
Too soon
You saw the whole of the moon!

I was grounded
While you filled the skies
I was dumbfounded by truths
You cut through lies
I saw the rain-dirty valley
You saw brigadoon
I saw the crescent
You saw the whole of the moon!

I spoke about wings
You just flew
I wondered, I guessed, and I tried
You just knew
I sighed
But you swooned
I saw the crescent
You saw the whole of the moon!
The whole of the moon!

With a torch in your pocket
And the wind at your heels
You climbed on the ladder
And you know how it feels
To reach too high
Too far
Too soon
You saw the whole of the moon!
The whole of the moon!

Unicorns and cannonballs,
Palaces and piers,
Trumpets, towers, and tenemets,
Wide oceans full of tears,
Flag, rags, ferry boats,
Scimitars and scarves,
Every precious dream and vision
Underneath the stars

You climbed on the ladder
With the wind in your sails
You came like a comet
Blazing your trail
Too high
Too far
Too soon
You saw the whole of the moon!

Unknown said...

Hi Wimpie

Sterkte met die woelinge jong! Ai, dink maar mooi voor jy ophou blog - geniet jou inskrywing geweldig elke dag en gaan dit mis, maar dit bly natuurlik jou besluit ne! Lekker dag vir jou! Lizelle

Anonymous said...

Wel Scorpio...wat sal ek se?

Ek hou meer van "whole of the moon" in my lewe is dit beslis meer gepas....ek gaan nie sterkte se nie want ek glo nie dat daar ware liefde meer bestaan nie..wel suiwer liefde tussen ouer en kind, 'n liefde wat nooit weggevat kan word nie, die ander sien ek bloot as fisiese aantrekkingskrag want dink daaraan...sodra die bevrediging ten volle daar is...is die liefde in sy m@@r in...

Virgo