Okay ons wag in spanning om te sien watter form beurtkrag dat gaan inneem, al wat ek weet is dat die afgelope week was Pretoria, Brakpan, Benoni en Springs tot soveel as twaalf ure op 'n keer sonder krag vir verskeie redes, dis nie dat ons julle nie glo nie Eskom, dis net dat julle trackrecord nou nie die beste in die land is nie.
Die vermeende verkragter en moordenaar van die sewejarige Sheldean Human, Andrew Jordaan, kon gister in die Pretoriase Hooggeregshof nie slaag met ‘n aansoek om ontslag nie. Independent Online berig dat sy advokaat betoog het dat die Staat nie genoeg getuienis kon lewer om Jordaan skuldig te bevind nie, maar die Staat sê sy eie bekentenis kan gebruik word as grondslag vir minstens ‘n skuldigbevinding aan onsedelike aanranding. Jordaan het skuld ontken aan die moord en verkragting van die sewejarige meisie in Maart verlede jaar. Hy word ook aangekla van die herhaalde verkragting en onsedelike aanranding van ‘n ander sewejarige
Dis ongelooflik hoe mense 'n ommekeer sal maak oor wat hulle kwytraak, 'n sprekende voorbeeld is hierdie Andrew Jordaan karakter wat laas jaar soos 'n parakiet gesing het oor hoe hy vir Sheldean Human vermoor het en selfs die plek uitgewys het waar hy haar lykie gegooi het, gister vertel hy die wereld hy het haar nie vermoor nie en die polisie het 'n confession uit hom gebliksem, miskien moes hulle jou gemartel het jou idiot... Hoe het jy geweet waar haar lyk was nadat niemand dit vir meer as 10 dae kon opspoor nie todat jy dit uitgewys het nie nadat Piet Byleveldt jou onder hande gehad het nie??
Die buitenste ruimte fassineer my nog my hele lewe lank, ek kan nie help om te glo daar is soveel dinge wat ons nie weet nie bloot omdat ons nog nooit die tegnologie gehad het nie, dink so daaraan, radiogolwe was nog altyd met ons maar dis maar eers die laaste 150 jaar dat ons weet hoe om dit te gebruik dat ons dinge soos radio, televisie en telefone en natuurlik die internet tot ons beskikking het, hoeveel ander dinge gaan ons nog in die volgende 50 jaar "ontdek"? Dis die tipe goed wat my opgewonde maak ek wonder oor dinge soos ander planete en wat daar aangaan en/of aangegaan het?
Nasa se PhoenixLandingstuig het eergister op Mars geland en is suksesvol gewees met sy landing op een van die rooi planeet se pole, kan nie wag vir die beelde van Mars wat die Phoenix aarde toe gaan stuur nie.

Ons is op soek na 'n mede-omroeper vir die Ontbytprogram en het soos julle weet, laas week oudisies gehad by 'n winkelsentrum in Springs. Van die mense wat opgedaag het, het mooi probeer en die nuus mooi gelees en selfs bietjie effort ingesit met die advertensie wat ons hulle gegee het om te lees...
Wat vir my skokkend is, is hoeveel of hoe min die gemiddelde Suid-Afrikaner weet van wat aangaan in hulle eie land wat nog te se die res van die wereld... As jy die Brekfis Show wil aanbied moet jy minstens 'n algemene kennis he van wat aangaan in die lewe. Hoeveel van die mense wat gekom het om te probeer dink jy het die volgende drie algemene kennis vragies reggehad wat ek heull gevra het.
1. Wie is die leier van die ANC?
2. Watter Suid-Afrikaanse rugbyspan speel teen watter span in die Super 14 halfeindstryd?
3. Wie se handtekening is op die geld in jou beursie?
Daar was nie een van die kanidate wat al drie daai elementere vragies kon reg antwoord nie.... oops!
Louis Fivaz is vanaand by Firkin Boksburg gaan maak gerus 'n draai daar dit gaan 'n lekker party wees, die ou kan maar, Donderdagaand is dit Wasserfall ek kan persoonlik nie wag daarvoor nie jy weet ek vrek oor hulle, sien jou daar...
Vanaand is die vyfde rondte van die Klipdrift Battle of the band by Carnival City, ek weet nie hoe gaan ek alles oorleef nie, ek probeer okay! Twaalf bands is ingeskryf vir vanaand, wees daar 20h00, moenie laat wees nie, jy gaan nie plek kry nie...
Mbeki is alweer in 'n ander land terwyl Suid-Afrika steier onder xenofobiese geweld! President Thabo Mbeki en die Minister van Buitelandse Sake, Nkosazana Dlamini Zuma, is tans in Yokohama, Japan, vir die vierde Internasionale Konferensie oor Ontwikkeling in Afrika, wat in Tokyo plaasvind. Die tema van die konferensie is “Die Strewe na ‘n Polsende Afrika: ‘n Vasteland van Hoop en Geleenthede”. Die doelwit van die konferensie is om vrede, persoonlike ontwikkeling en die bestryding van armoede deur ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig. Miskien moet jy eers probeer om die armoede te beveg in jou eie land om sodoende ekonomiese ontwikkeling te bespoedig...ja!
Die veroordeelde bedrieër en Durbanse sakeman, Schabir Shaik, is in die waakeenheid van die Durbanse Inkose Albert Luthuli-hospitaal opgeneem. Sy broer, Mo, sê dit is weens hoë bloeddruk wat tot hartprobleme kan lei. Schabir Shaik is op die 1ste April in die hospitaal opgeneem en is steeds daar. Die voormalige finansiële raadgewer van die African National Congress-president, Jacob Zuma, is gedurende 2005 op twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Ai ons gewone mense wat nie die beskerming van die tronk geniet nie moet maar elke dag deel met hoe bloeddruk as gevolg van werkstress en so aan, en dan moet ons maar elke dag weer die bron van ons stress.... 'n eerlike dag se werk.... in die gesig kyk en aangaan met die lewe.... jy weet!
Sien jou vanaand.... by Carnival... moenie laat wees nie hoor!
Later
Wimpie

5 comments:
wimpie
dis skrikwekkend hoe min mense weet wat in die wereld aangaan
groete
johan nel
Apie, ek's bly dit gaan goed en dat jy so positief klink!
Wimpie, jy is 'n ster en slaan die spyker op sy kop. Hou so aan. Een of ander tyd gaan almal gatvol wees.
Hi Wimpy,
Ek gaan mooi trap vandag. Ek dink ons onkunde in baie dinge is dalk die rede tot ons ondergang... ek praat nou van ons wit suid afrikaner.... dalk is ons tiepies xenophobies...
Okay... at times you annoy the living waters out of me... But what the hell where they thinking when they started the NEW BORING Breakfast Show????
We (well... I) want the annoying boring Wimpy back... Please..
Delien
Post a Comment