Monday, May 26, 2008

Krag, krag krag!

Wel ek sal verkies as Eskom die ewaarheid vertel en nie op een of ander saving face bullshit advertensie propaganda jol vertrek om hulle beeld te poets nie, die krag in Springs en ek bedoel SPRINGS, is al vanaf vanoggend om 04H00 net 'n gedagte, in die ou dae van beurtkrag kon jy nog jou dag beplan het rondom sulke gevalle nou is daar niks om jou te waarsku nie...

En ek weet die bliksems gaan nou weer se dis nie beurtkrag nie, dis ongeskeduleerde probleme, wat net 'n nuwe woord is vir beurtkrag, geen wonder mense wil die land afbrand nie.

Volgens gisteraand se Carte Blanche is hierdie alles deel van gewone mense se frustrasie met die land, dinge soos gewone alledaagse dienslewering wat hier net 'n mite is, is alles faktore wat bydrae tot die feit dat die land brand op die oomblik, scary maar dis waar.

Ek hou die inskrywing maar kort vandag want die krag wat deur die UPS verskaf word kan enige oomblik ook ingee. Lekker nogal ek sit en speel musiek net vir myself want niemand anders kan my hoor nie.

Een van my kunstenaars, Rea le Roux het Donderdagaand by Firkin in Boksburg opgetree, hier is 'n foto van die event, onthou Firkin Boksbureg se besprekings word nou eksklusief deur Wimpie van der Sandt Produksies behartig, moreaand is Louis Fivaz die kunstenaar, sien jou daar!

Later

Wimpie

1 comment:

Anonymous said...

Eish sou wat wou gee om vir Louis Fivaz weer te sien, sal nie die show kan bywoon nie, dit is te koud, ek steek nie eers my groot toon by 'n deur uit in die aande nie!!!