Mrs B is deur na die semi's en Scenery het 'n wildcard gekry, eerbare mentions vir Kopiereg en krimineel ongelukkig kan ons net soveel groepe deurvat, hopelik kry hulle die geleentheid om weer in te skryf later...
Volgende Dinsdag se Batlle of the Bands behoort die strafste tot dusver te wees, ek weet van minstens drie kickass bands wat reeds ingeskryf is vir volgende week en ek ken hulle al drie, ek weet wat hulle kan doen, moenie dit misloop nie, sien jou daar...
My been maak baie vordering soveel so dat ek al met redelike gemak sonder krukke oor die weg kan kom, ek moet vandag 'n draai by die dokter gaan maak om die wond skoon te maak en so aan, bietjie geskrik gesteraand na 'n gesprek met iemand van die nooddienste wat vir my presies verduidelik het hoe gelukkig ek is om in die eerste plek te lewe en in die tweede plek nog 'n been te kan he.... okay ek verstaan ek sal nie weer nie.
Dankie, want ek het vergeet om dankie te se, aan almal wat my bygestaan het na my omngelukkie, Ferdi, Kobie, Gert en Martin, dankie vir die dra kar toe na ek flou geword het, uhm ja ... ek is nie iemand vir bloed nie en toe ek sien hoe my been deur my broekspyp loer toe ek hom optrek was dit sulke tyd, ek kan net onthou alles het so swart geword, en toe voel dit of ek petrol gesnuif het, hehehe, weird man...
Dankie ook aan Annel vir die versorging op die hospitaalbed en die seker maak ek is okay daarna, thanks man ek waardeer en dit bewys net weer as jy nie meer met iemand uitgaan nie beteken dit nie jy hoef nooit weer met daai persoon te praat nie, jy kan nog altyd vriende bly, so dankie vir die vriendskap en die mooi woorde agterna, nou ja nou dink ek almal wat bedank moet word, is bedank en daarmee sluit ek die ou hoofstukkie af, ek is gelukkig en ek weet dit, ek is soms ook stupid en ek weet dit, die voet is bietjie van die petrol af, vir nou en ek beplan om dit vir eers so te hou.
Anonymous wat vra wat gebeur het en hoekom ek nie wil se nie.... ek het mos gese.... ek het 'n ongelukkie gehad, hehehe!
Hier is 'n foto van my dogter so moet asseblief nou nie my waarsku van al die ouens wat haar gaan probeer opchat en hoe ek groen koring op die lande het en dat dit paybacktime is ens. nie... sy het 'n boyfriend al twee jaar lank so los haar uit, haar pa ken anyway mense met groot gewere!
Later en ek mis jou... ek is vanaand by die opening van 'n nuwe show by Emperor's, 80's musiek, sien uit daarna sal more meer vertel!
Wimpie
5 comments:
Geniet die 80's sou graag daar wou wees!
Hey dude ek het jou lankal gewaarsku dat jy n mooi dogter het. pas ha ma net mooi op, of wag bring haar saam na Thys die bosveld klong se show toe Saredag aand by die Shaft dan sal ek haar vir jou oppas!! dit is mos wavoor pelle daar is!! lmga. geniet die show chom.
Martin
haha dq pa kani glo pa ht rerg dai foto op gesit ni haha ai tx dad sien pa seker mre ng nt een jaar dansek legle love u janine
oeps daai was mxit taal jammer vir daardie een pa en dankie ek wardeer dit.
Hi Janine
Ons is weer vandag na 'n week se stilte terug.
Ek hoop jy het darem 'n lekker dag gehad gister.
Liefde
Tannie Ina
Post a Comment