Thabo Mbekei en sy stille diplomasie in onder andere Zimbabwe het veroorsaak dat die president bloed aan sy hande het nog veel erger as baie van die sogenaamde boeremisdadigers van die apartheidsera wat moes gaan voete was om vergifnis te kry.
Mense bly mense, onwettig of wettiglik hier, daar is geen manier dat dit wat tans in Suid-Afrika aangaan goedgepraat kan word nie, ek is jammer!
Net na ons skandes op internasionale televisie aan die res van die beskaafde wereld vertoon word besef ek ook hoe onnosel die besluitnemers van omtrent alles in die land is as hulle die nuwe Suid-Afrikaanse sokkerafrigter se heel eerste perskonferensie wys en ek sien die arme ou kan nie eers Engels praat nie wat nog van Afrikaans of enige van die ander dertien amptelike landstale! Huh?? So het iemand nou al vir my probeer verduidelik hoe gaan hy enigiets in Banana Banana se koppe inkry, of gaan ons ouens gou leer Spaans praat, of Portugees of enige ander taal...
Op 702 luister ek na 'n ou met die naam van Coen Vermaak van die nuwe politieke party genaamd die "boerestaatparty". Hulle be-ywer hulle vir die herinstelling van die doodstraf, iets wat ek seker is so 90% van julle wat hier lees hulle sal in ondersteun, die enigste probleem is weereens kom Coen Vermaak op die lug oor soos 'n absolute plat boer met die IK gelykstaande aan my drie jarige niggie!
Come on mense as jy met die media gaan werk maak seker jy het jou feite reg en moet nie deur jou onkunde jou saak meer skade as goed doen net omdat jy nie jou huiswerk gedoen het nie...
Vermaak word 'n eenvoudige vraag gevra soos het jy toestemming van die betrokke website waar jy jou foto's wat jy in 'n pamflet gebruik, van kry om dit te gebruik, en dan begin hy in gebroke Engels voortstotter na een of ander ondeurdagte antwoord wat sy hele party na 'n grap laat lyk, en actually het hulle 'n heel eerbare doel voor oe! Nee regtig kry iemand wat met die media se vrae kan deel, iemand MET 'n brein en iemand wat verkieslik ten minste Engels magtig is!
Ek het stilgebly tot nou toe oor die sage van ons hoof Afrikaanse sanger oor verskeie redes, ek is besig om so stadigaan my mind op te maak daaroor en hoewel dit baie moeilik is vir my om iets daaroor te se kan ek dit nie altyd ignoreer nie en wil ek net een ding se....
Niemand is groter as in die eerste plek diegene wat jou 'n superster gemaak het nie (lees die media) en in die tweede plek die wat jou 'n superster hou nie (lees die aanhangers). Verder gaan ek, om verkeie redes, my weerhou daarvan om iets te se behalwe die lewe het 'n snaakse manier van dinge doen, dit gebeur of jy wil he dit moet of nie en om teen jou beter wete mense hoere te beginne noem wat tien jaar lank getrou en lojaal aan jou was.... wel ek weet nie of dit so aanvaarbaar is nie.... dis al!

Die drie bands wat deur is na die halfeind toe op hierdie stadium is Die Maverick, Mrs. B en die Whining Orphans, die finaal is op 19 Julie in die Carnival City Big Top, besprekings maak binne die volgende week oop by Computicket vanaf so min as R50, ses top bands in aksie op daai dag insluitende die Parletones en Snotkop! Sien jou vanaand...
Suid-Afrika brand, daar is belangrike dinge om uit te sorteer hier in ons ou landjie, sort dit uit doen jou deel, daar is meer in die lewe en meer spesifiek in ons land om ons oor te bekommer as petty issues, doen jou deeltjie al is dit hoe beskeie om ons land 'n beter plek te maak, vergeet van jou eie ek en die belangrikheid van jou "status" in die samelewing en doen iets usefull vir jou mede mens as almal dieselfde tyd en energie in hulle daaglike gevegte om die kalklig en status insit om hierdie 'n beter land te maak sal dit beter gaan met ons.
Die dag wanneer iemand my uit die hemel bel om 'n Mercedes af te lewer of om 'n tjekkie te cash sal ek seker anders oor die lewe begin dink, maar tot dan gaan NIEMAND my anders oortuig nie...
Nou ja dis my ou storie vir vandag, sien julle vanaand!
Wimpie
2 comments:
Het jou nou opgehou blog?
Ina
Hi Wimpy
Ek lees jou blog gereeld maar nog nooit gecoment nie
Ja as mens hardgenoeg die aambeeld slaan sal dit breek. Al slaan mens dit net aanhoudend.
Ek is jammer dat jy so moes kant kies... maar die krake het lankal begin wys.
Ek meen met alle respek aan Natasha ek hou daarvan om oor die ander vrou te skryf nie...
Steve is nie dom nie, en so ook hou hy hom nie met dom mense op nie, die poppie wat hy mee tien jaar lank gespeel het is nie IK gestrem nie.
Dat sy dalk hulp kry om haar beeld te polish is ook moontlik, maar dat Steve sy hand oorspeel het met daai opmerkings, is duidelik.
Maar dit is jammer dat die ding nie wil gaan le in die media nie.
Post a Comment