Friday, May 23, 2008

En jy dink Suid-Afrika is mooi!

Kan ek maar 'n paar mense vandag afpie en sommer net in die algemeen hulle bubble burst?!

"Ons bly in die mooiste land in die wereld". Hoeveel keer het jy dit al gehoor? Van mense wat al hoeveel keer oorsee was? Ek lag altyd as ek daai storie hoor, veral van mense wie se idee van oorsee Zimbabwe of Swaziland is.

Wanneer jy praat van die mooiste land in die wereld soos ons altyd geneig is om ons eie land op te hemel, glo ek jy moet darem een of twee keer vir meer as twee ure in 'n vliegtuig gesit het....

Okay ek is bevoorreg, ek was met my laaste telling al in 35 lande in die wereld gewees so ek reken ek kan met redelike sekerheid gesels oor die mooiste land in die wereld... So kom ons kyk gou, vir my is die mooiste plekke waar ek nog ooit was, uhm... wat natuurskoon aanbetref kom niks wat ek gesien het naby Switserland nie, dis majestieus, wonderlike natuurlike berge omring deur gevriesde mere, as jy nog nie 'n voet uit Afrika gesit het nie sal jy nie verstaan wat ek bedoel nie, tweede op my lysie en vir totaal ander redes is Amerika...

Het jy al in New York gestap 02H00 in die oggend en dit voel soos Eastgate 11H00 op 'n Saterdag.... op die einde van die maand.... in Desember?? Stap bietjie in Central Park rond voel hoe voel dit om te stap sonder om oor jou skouer te kyk wie agtervolg jou vir jou beursie of om jou te verkrag... mense se New York het 'n hartklop van sy eie... hulle is reg!

Okay so die punt is ek lag wanneer mense praat van "ons bly in die mooiste land in die wereld"... kak man, ons bly in 'n mooi land ja, niemand stry nie maar dit kan nie vergelyk met die infrastruktuur van Amerika, die natuurskoon van Switserland, die erfenis en kultuur van 90% van die Europese lande nie... Nou kan jy my maar kruisig, kom ek dink gou, ek was in Australie, Amerika, Kanada, Suid-Amerika en Europa, die enigste plekke waar ek nog nie was nie is Rusland, die midde Ooste en China, ek was tot al in Hong Kong!

Ek kan nie myself indink in een plek wat die geweld, misdaad en plein barbaarsheid van Afrika het nie... Noem maar die mooiste plekke in Suid-Afrika op en ek gaan saam jou stem, dis baie nice, maar teen watter prys? Is die Kaap se natuurskoon jou lewe werd? Was jy al in Sydney... dis dieselfde net baie veiliger en baie meer beskaafd.

Dan staan ek in mense se geselsskap wat al een keer in hulle lewe in Kaapstad was en hulle praat van die mooiste land in die wereld en vertel my geesdriftig van Suid-Afrika... Ek doen my bes om nie te lag nie want ek dink aan die Switserse Alpe, die ongelooflike Amerikaanse Argitektuur, die Eifel Toring, Copacababana Beach, Bondai Beach, California seker die plek in die wereld met die MOOISTE waiters, Las Vegas se ongelooflike sunset strip, en ek dink by myself Suid-Afrikaners weet nie waarvan hulle praat nie.

Wat maak al hierdie lande so ongelooflik, wel hulle is almal op hulle eie manier stunnig, en hulle almal bied aan hulle inwoners die geleentheid om in die aande te gaan stap met die kinders en nie te bekommer oor Xenofobiese aanvalle, verkragting, geweld, barbarisme, misdaad en verkragting nie... Sal ek Suid-Afrika met sy stunning natuurskoon verruil vir enige ander land?

Kan ek voorwaardes stel? Kan ek bv my kinders en geliefdes saam my vat? Indien jy se ja, waar kan ek my vliegtuigkaartjies optel?? I'm outta here!

Ek wil jou nie kwaad maak met hierdie post nie... ek wil net he jy moet dink voor jy weer sommer net praat van "ons bly in die mooiste land in die wereld". Ons bly in 'n baie mooi, onveilige, onstabiele en donker land met weinig toekoms vir ons taal en kultuur, dis al wat ek se, maak natuurskoon op vir die vrede van stabiliteit en sekuriteit??

Gaan werk die antwoord op daai een vir jouself uit! Ek het.... lankal!

Wonderlike naweek vir jou!

Wimpie

Ps. Happy birthday Ina, hoop jy het 'n great dag!

9 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpy

Jy soek moeilikheid... lol

Om jou eerlik te antwoord gaan my comment langer as jou inskrywing wees...

ek vra dus kort vragies

greenhouse vs under devolpment
servival humankind vs comfort
rich vs poor

word een oggend wakker in 'n hout hut op Cape vidal strand, met die son wat op kom oor die see...

ek sterf liewer in Afrika vir Afrika ... as enige ander plek innie wereld.

ons probleme is niks anders as Los Angelas, Down under se Xenophobia moet ons nie vergeet nie...

ek praat nie eers van die brander in Phuket nie...

Anonymous said...

Elke land het sy probleme, maar rerig baie min dinge kom by wat ALLES hier in Suid-Afrika aangaan! Kyk na statistieke (vir wat die ook werd is) en gesels dan weer! Daar is ook maar net sekere dele in SA wat asemrowend mooi is, maar ons kan dit nie eers geniet nie, want dalk net wag daar 'n struikrower of iets derliks agter elke mooi boom of berg of koppie of iets.
Eending is waar Afrika is nie vir sissies nie!
S!

Anonymous said...

uiteindelik se iemand die waarheid

Anonymous said...

Gesigloos

ek praat laas naweek met iemand uit holland, 'n vlugteling wat gehardloop het moederland toe..

dinge gaan maar orals wreed...

wimpy ... as mens nie kritiek uiltok nie kan mens nie 'n sin volle debat uitlok nie...

So is maar sorry as mens party keer op mense se tone te trap... iemand moet dit doen... ek is swaar so ek trap party keer te hard..hehehe

Anonymous said...

Wimps, ek stem saam dat SA sekere kritiese probleme ervaar. Maar net in terme van natuurskoon (en veral die kontraste in SA) is die RSA sekerlik een van die mooiste lande ter wereld.

Anonymous said...

Tannie Ina Geluk met tannie se b-day hoop tannie het 'n great en wonderlike dag.

MAg die Here Tannie vir ons nog baie lank spaar.

Anonymous said...

Hi Wimpy

Ek het die volgende gepost op my site ... lol ...

http://bierpens.blogspot.com/2008/05/wimpy-hoeveel-bome.html

Maar het jy die gelees... scary stuff.....

http://bierpens.blogspot.com/2008/05/no-man-be-original-dam-xenophobic.html

Dal moet ek ook maar my tasse pak ... fings -- sucks....

Anonymous said...

Is Xenophobia n ander naam vir mal kaffer siekte?

Want persoonlik dink ek die flippen goed is mal.
Ons lewe in n mal land en Wimpie is reg! Al wat mooi is aan die land is die natuur, maar die Afrikanervolk steek mekaar liewer in die gat, as om mekaar by te staan.

So die mooi van die Afrikaner is ook weg.

Super M

Anonymous said...

Hallo Janine


Baie dankie dit was 'n lekker dag ek was bietjie met verlof gewees.

Liefde

Tannie Ina