Sunday, May 4, 2008

Geluk en geduld!


Partykeer leer jy die wereld se interessantste mense ken in die weirdste situasies...

Ek het so bietjie 'n ongelukkie gehad die naweek, my hele been opgevoeter loop met krukke en het die grootste pyn denkbaar, dit het baie steke geverg om my weer heel te maak, maar nou ja dis maar die lewe, as jy nie 'n sterk maag het nie, moenie na die foto kyk nie.... ja dit is my maermerrie en ja dit is die been wat daar uitsteek, en ja dit was/is flippen seer!

Tydens my besoekkie aan die hospitaal ontmoet ek vir dr. Leon, ek gaan nie eers probeer sy van skryf nie, al die pad van Rwanda af en dadelik het ons 'n aanknopingspunt om lekker te gesels terwyl hy my been aanmekaar sit met 57 steke...

Rwanda se/vra ek hom daar waar hulle 'n paar jaar gelede so 800 000 mense vermoor het in een van die grootste geonocide's van alle tye?

Hy help my gou reg actually is dit naby aan 'n miljoen... Dr. Leon en sy gesin het vir drie maande in die plafon van hulle huis deurgebring om lewendig daaruit te kom, net in die aande kon hulle gou uitkom om kos te soek ek die toilet te gebruik.

Hoe voel dit om in 'n plafon te bly wil ek weet, vir drie maande nogal, hy antwoord met 'n glimlag, deksels warm! Ek besef weer hoe gelukkig ons is hier in Suid-Afrika en so tussen die pyn deur belowe ek myself om harder te werk om hierdie land veilig te maak vir my en almal wat hier bly, 'n fassinerende storie van 'n fassinerende man, ek kan nie wag om hom op my show te kry nie en ek belowe ek gaan, sal laat weet wanneer, ek sien hom weer more as hy die drein in my been vervang.... met 'n ander een...eina wetter!

Verder het ek 'n wonderlike naweek gehad in wonderlike geselskap en ek is net eenvoudig tevrede met die lewe, tevrede en gelukkig, ek besef nou waar die woordjie geduld vandaan kom en ek kan nie wag om te sien wat gebeur in die volgende hoofstuk nie.... dankie!

Bly ek is nie Sondagaand op die paaie nie, hoor dit is chaos en die hoofrede hoekom ek nie oor langnaweke weggaan nie, as jy op die paaie was, eish man ek dink aan jou!

Ek is gelukkig, content, happy, opgewonde en bo alles positief oor die toekoms, ek kan nie wag nie... Janine, hehehe my dogter, verjaar die 8e ek verbeel my dis Donderdag, sal haar bietjie bederf, so in die stilligheid en Dinsdag is die volgende rondte van Battle of the bands by Carnival City, dit gaan moerse wees, sien jou daar, kom kyk en bring simpatie saam vir my ou beentjie!

Eina!

Wimpie

9 comments:

Anonymous said...

eina wimpie man

Anonymous said...

E I N A !! Wat op aarde het jy probeer!! E I N A !! Hoop maar die been voel vandag so bietjie beter! Wimpie geniet jou dag.

Anonymous said...

Wimpie eina bliksem dit lyk baie seer.

Anonymous said...

eish...en eina!

sterkte met daai been...
ekself het 'n achilles gerapture die vakansie en die moes geheg word..whiskey en pynpille WERK MOOI ;-)

groete
p

Anonymous said...

ek moet eerlik wees mense, die foto lyk nog goed teen die ware jakob.my pel,ek dink ek is bly ek was nie jy nie en hoop jy is weer gou heel. blikskottel dit lyk nogsteeds seer dude!!!lol

martin

Anonymous said...

Eish! Spoedige herstel (wat HET jy aangevang?).

Anonymous said...

Daardie muskiet het tande gehad....

Anonymous said...

Nee fok EINA tog!!! Wat MAAK jy????

Platty

Anonymous said...

Wat het jy aangevang meneer? Dit lyk blerrie seer. Hoop jy word gou gesond!!
CR