Sunday, May 11, 2008

Infeksies en ander doellynverhale!



Okay, ek weet nie hoe dit gebeur nie, ek het alles volgens die boek gedoen, gesorg dat my wond skoonbly, verbande opgehou die werke, die dokter se ek het nou infeksie en dis gevaarlik, hulle praat van been verloor, vrot weefsel en allerhande snaakse goed...

Drie verskillende en baie sterk antibiotika's later le ek in my bed en wonder oor die lewe en wat alles fout kan gaan met 'n mens se lewe.

Die pyn is baie erg en ek lewe op pyn pille op die oomblik, ek moet se ek het al baie beter gevoel in my jeugdige bestaan en ek glo ek sal seker weer beter voel in die toekoms, maar vir nou is ek maar oes!

Moedersdag is 'n snaakse ding, ek kon darem vinnig by my ma'le uitkom en sommer my broer se nuwe huis in Centurion gaan sien maar moes weer terugkom vir my doktersafspraak later die middag, ek kon ten minste opvang met alles wat in my familie se lewens aangaan en so twee ure kwaliteit tyd saam spandeer.

Die naweek het my ook weer geleer dat girls sentimentele en snaakse goed is wat ons as mans maar net kan probeer verstaan, niemand het gese dit is maklik om hulle te verstaan nie en ek weet nie of ek die krag het om nog te probeer nie. Hoe die ander mans dit regkry is my agterent se deksel maar ek probeer...

Wian het sy eerste rugbywedstryd gehad en tot my spyt is hy mal daaroor, ek dink dit het iets daarmee uit te waai dat hy daarvan hou om ander seuntjies te tackle...en dit het hy goed gedoen, hy het net een keer die bal gekry en het soos 'n wafferse Os du Randt gelyk, kop omlaag en bo-oor twee ander seuntjies, ek het gesmile en seergekry vir sy onthalwe, ten minste was ek daar met sy eerste game en hopelik sal hy sy eerste Springboktrui eendag vir sy pa gee... oops daar begin ek soos een van daai wafferse pa's klink wat dink hulle kinders gaan eendag die beste rugbyspeler in die wereld word hehehe!

Ek is nie so nie, hy moet speel omdat dit vir hom lekker is en op die oomblik is dit... en dis al wat tel!

Die Legend Killers moes Saterdagaand uithelp toe 'n kunstenaar nie opgedaag het vir sy gig nie, ons doen toe Agter elke man, Bloubul, Pampoen, Is jy bang en Sit die lig aan onder dwawerende applous van die skare en word sommer dadelik nog 'n paar gigs ge-offer, een van die lede van die band kon dit nie maak nie weens kort kennisgewing en ek kan maar net wonder wat die ontvangs sou gewees het as ons voltallig was...hehehe!

Die week wat voorle gaan nog 'n grote wees, ek het tans meer werk as wat ek aan wil dink en ek en Dewald Jordaan, Arno se boetie, gaan moet hard werk om julle almal se droom waar te maak, soos hulle se in die classics, watch this space!

Dinsdagaand se Klipdrift Battle of the Bands by Carnival City gaan die grootste wees tot nou toe. Celeb beoordeellaars, die Glitterati skinderspan gaan daar wees, jy sien 12 bands vir R10 ingangsgeld en kan lekker kuier op dubbel Klipdrift en Coke vir die belaglike prys van ook R10, jy kan ook stem vir jou favourite band en ek dink die kompetisie gaan baie straf wees....heerlik! Kry jouself daar as jy kan dis by die Supersport showbar en die deure maak 19H45 oop en die show begin stiptelik om 20h00, moenie laat wees nie my bokkie!



Die Super 14 is in die pylvak en die Sharks en die Stormers is albei in met realistiese kanse om die halfeindstryd te haal. Toe ek Saterdag die gietende reen op Nuweland in Kaapstad op televisie sien het ek geweet dit halfeer die Stormers se kanse op 'n oorwinning teen die Waratahs, 'n gelykopuitslag is egter beter as 'n verloor en ons sal dit vat, Saterdag vir die Leeus op Ellispark, een van my pelle is gelukkig genoeg om kaartjies te kon kry vir daai een en 'n geleentheid om saam die Stormers te kuier na die tyd...

Geniet dit Morras en gaan hou ons naam hoog daar op Ellispark, ek het so 'n gevoel dit kan maklik ontaard in een van die grootste games van die jaar, ek sien uit daarna, ek glo die Stormers kan dit doen, dit gaan taai wees, maar dis gewis nie mission impossible nie! Terloops die Stormers het deesdae 'n ondersteunersklub waar jy kan aansluit.... gaan na www.iamastormer.com vir inligting!

Hopelik is ek op die been...pardon the pun, teen daai tyd of sal ek se hopelik het ek 'n been teen daai tyd! Ons wag maar vir nou om te sien wat maak al die pille teen Maandagaand, hou duim vas! Great movie vanaand (Sondagaand) op m-net, gaan my kombersie aansit en voorberei daarvoor, ek het al Persuit of happyness gesien maar dis die moeite werd om weer te kyk en ja dit is reg gespel!

Later

Wimpie

4 comments:

Anonymous said...

eish wimpie moenie speel met jou besering nie, infeksie in so 'n wond is nie 'n grappie nie en jy KAN baie maklik groot probleme optel, ek het bietjie 'n mediese agtergrond en as hulle jou op drie verskillende tipes antibiotika gesit het is dit al redelik ernstig, ek weet nie eers wat soek jy by die werk nie, jy hoort in die bed met jou been in die lug seun!

Anonymous said...

Infeksie in daai eina been, agge eina, drink maar jou pille en rus!

Anonymous said...

Hello aan my mede Band members sorry boys oor saterdag...hoor julle het darem aan n moerse show gelewer...wys jou nou net di LEGEND KILLERS kan maar...watch this space....die band gaan groot word....Sien julle more aand by die Klipdrift Battle of the Bands.... gaan awesome wees....Cioa

suziQ said...

Hey hey People. Battle of the Bands 27 Mei 2008 was KICK-ASS!! Ek moet bieg, die klippies het my (en sommige ander mense) op stadiums te tuis laat voel, maar die te tuis is goed. Ons almal sien uit na die volgende ronde! Damn, dis moer exciting! NS: Root of Eternal ROCKS!