Ek het jou nou die dag vertel van die show by Emperor's Palace wat ek saam iemand awesome gaan kyk het, die show is Simply Irresistable, uhm nee die show se naam dommie....hehehe.... en ja sy is daarin!Voeg verskeie byvoeglike naamwoorde hier in.... Battle of the Bands by Carnival City.
Ek kan nie glo dat die standaarde beter kon wees as in week 1 en week 2 nie maar dit was, 10 bands almal uitsonderlik, Wimpie was weereens gedwing om die wildcard rolletjie te speel en nie minder nie as vier bands kon gisteraand vir hulself plek bespreek in die wildcard rondte .... eenvoudig awesome ek kan nog steeds nie glo daar is soveel talent in Suid-Afrika nie...
Geluk aan Whining Orphans wat vir hulself 'n plekkie bespreek het in die semi final, ek is bly ek judge nie die semis nie, soos dinge nou gaan sal ons moet plek maak vir 'n ekstra dag om die wildcards ook af te handel, thanks aan Gavin Prins van Rapport en Glitterati vir die judge-ding, Gavin het sommer opslag geoffer om weer te kom, thanks Gav en dankie dat jy dit so baie geniet het, dankie vir almal wat gisteraand 'n draai kom maak het, die Supersportshowbar was gepak en daar was nie plek vir 'n muis nie....mense het tot op die verhoog gesit om te sien wat aangaan, onthou die Supersportbar kan net 150 mense vat en lank voor 20h00 gisteraand was dit reeds vol, maak volgende week seker jy kom maar vroeg!
Ek praat gister met iemand oor Wimpie van der Sandt Produksies en credentials en so aan, belowe toe om so 'n kort opsomming te plaas van wat ek al alles in die Afrikaanse musiekbedryf gedoen het.... dis toe dit nog belangrik vir my was, vandag dink ek nie meer dis belangrik nie so ek gaan nie se wat ek al alles gedoen het nie.... dis net eenvouding nie meer belangrik nie.
Daar was baie hoogtepunte behalwe vir my tien jaar op die lug as omroeper, die eerste promotor om Afrikaanse musiek by Emperor's Palace aan te bied, Anton en Vrinne by Caesars destyds, Dozi en die Soweto String Quartet, betrokke destyds by die ontstaan van Vonk tydskrif, bestuurder van so nagenoeg sewe Afrikaanse musiekkunstenaars, Bokjol, op die musiekkomitee by Oos Rand Stereo wat onder ondere bepaal watse musiek word op die lug gespeel, Brugbou saam met Steve Hofmeyr en Anton Goosen wat publisiteit aanbetref die grootste musiek show in die geskiedenis van Afrikaanse musiek...
Hoeveel verkope was ek al voor verantwoordelik in Afrikaanse musiek.... ek dink al ver verby platinum as jy in ag neem dat my show verantwoordelik was vir Skarumba, eerste keer ooit op radio, Da-idi, selle storie aag weet jy die ou spulletjie verveel my ek is nie die tipe wat my eie psalms kan sing nie ek kan aanhou tot in eweigheid die eerste Afrikaanse Naweek festival in Gauteng, blah, blah, blah ...
Okay eendag sal ek gaan sit en WVDSP se bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf probeer bepaal, wanneer ek lus voel om te bewys ek beteken iets in die samelewing, op die oombli8k weet ek wie ek is en ek is happy daarmee, ek hoef nie myself te verkoop nie ek dink in my bedryf en op 'n baie snaakse manier is ek dalkies net meer famous as 'n paar kunstenaars wat ek ken, maar nou ja ek het nie iets om aan niemand te bewys nie maar dankie anyway vir die belangstelling en ja toemaar dit sal goed gaan met die uwe... hehehe!
Dankie dat jy gisteraand uitgekom het ek het die geselsie nodig gehad, jy is 'n ster!
Later
Wimpie
PS: Ek gaan Donderdagaand na my gunsteling Afrikaanse band in die wereld kyk.... Wasserfall by Cafe Barcelona in P-Town, sien jou daar hier is 'n voorsmakie en o ja hulle is by die Klipdrift Battle of the Bands volgende week!





2 comments:
Nee jy is 'nster, dit was briljant gisteraand, dankie Wimpie!
Thanks for the opportunity last night man
martin
Post a Comment