Tuesday, June 10, 2008

Mmmm jy wil famous wees??

Iewers sal ek moet afskaal, mens kan net eenvoudig nie meer doen as wat jy kan nie, ek is tans die toonbeeld van iemand wat homself in 'n koma in werk, ek kla nie en ek praat nie groot nie, ek se maar net iewers moet ek beginne briek aandraai, dis vanaand (Maandagaand 22H00) en ek het nou net by die huis ingestap....uhm ja ek is al vanoggend 05H00 by die huis uit!

Ek weet iewers gaan iets in die slag MOET bly, wat dit is weet ek nie op die stadium nie, dis iets wat ek vir myself gaan moet sit en uitwerk.

Ek is baie opgewonde, Rea le Roux se eerste track is basies klaar vir die nuwe CD, die eerste CD onder die vaandel van Wimpie Records... ek is so opgewonde hehehe...

Gister gou by die ateljee ingehardloop om die vocals, wat Saterdag opgeneem is, te luister, en ek is opgewonde, wat ookal gebeur hierdie gaan nie 'n CD wees met 138 beats per minute wees nie, genadiglik is die Afrikaanse musiekmark besig om te draai en is regte musikante wat KAN sing en musiek maak besig om hulle regmatige plek in die musiekbedryf te kom inneem, ek wens hulle wil elke rekenaar program in die wereld verbied wat dit vir elke Tom, Dick en Harry moontlik maak om 'n CD in sy garage op te neem....

Dis alles Idols se skuld, die hele konsep van kitsroem grief my, kyk 'n bietjie watter een van die sogenaamde Idols het dit enigsins rerig groot gemaak, wie onthou nog vir Will Young, of Gareth Gates of Karen of Anke of who gives a shit!

As jy iemand is met duisende rande van pappie en mammie wat vir jou CD betaal, ek het nuus vir jou, jy gaan dit nie maak nie, daar is letterlik duisende kunstenaars en almal soek 'n plekkie in die son, soos met enige ander beroep is daar nie kitssterre wat skielik opduik en die bedryf met 'n gejuig tref en oornag 'n ster word, EN EEN BLY nie...

Selfs mense wat jy dink het oornag op die toneel verskyn, het jare lank gesukkel om 'n deurbraak te maak en speakers rondgedra. Punt is die musiekbedryf is soos enige ander beroep, wat jy insit is wat jy uitkry, moenie dink jy het 'n nice stem en dis goed genoeg om dit te maak nie, dit werk nie so nie, die groot sangers wat ek ken het 'n vocal coach of spandeer ure per dag met vocal training, so jy wil 'n kunstenaar word, het jy al die moeite gedoen om te leer om 'n instrument te speel, of het jy al gegaan vir drama en/of dansklasse? nie, so wat gaan jy doen voor 'n CD speler staan en ander kunstenaars se liedjies sing met 'n klankman wat weinig meer as 'n CD speler is ??

Hopelik is daai dae verby... Iemand kom nou die dag by my en se vir my hy het 'n dansgroep en hulle wil professioneel optree.... "Hoeveel jaar neem julle al dansklasse?" wil ek weet... Nog nooit een klas gehad nie....uhm okay jammer ouens, gaan doen iets aan jouself om jou te help voor jy kom hulp vra by iemand anders... DAAR IS NIE KITSOPLOSSINGS NIE, GAAN DOEN IETS OM JOUSELF 'N KUNSTENAAR TE MAAK!

Kom kyk vanaand by die Klipdrift Battle of the Bands, dis die laaste kans vir 10 bands om dit te maak na die uitkloprondtes toe, dan sal jy sien hoe lyk mense wat werk om dit eendag, dalk net eendag, te maak in die musiekbedryf, en dan heroorweeg jy jou toekoms as 'n sanger, whatever jy jouself wil noem, en besluit of jy bereid is om die nodige effort in te sit om dit te maak in hierdie bedryf, terwyl jy daar is kom chat met my oor die bedryf dan vertel ek jou ook sommer van al die kunstenaars in die land en die nagenoeg 2% van hulle wat dit maak! Jy het dit nog lank nie 'gemaak' as jy met 'n CD en 'n photoshop cover van jouself in die hand staan nie.

Okay sorry ek gaan bietjie aan vandag, sal nou ophou, sien jou vanaand by BOTB by Carnival City.... ek het GROOT nuus wat ek brand om te vertel maar ek kan nie nou nie, ek sal dit wel later vertel...

Ek is pootuit besig met die opname van drie CD's wat voor Aardklop op die rakke MOET wees... Ek druk myself tot die uiterstes en ek verwag dieselfde van almal wat saam my werk, dankie vir julle support, ons SAL die vrugte pluk...Have faith brothers and sisters!

BOTB beginne om 20H00, Supersportshowbar by Carnival City. Sien jou daar!

Wimpie

No comments: