Hier by ons weet jy nie hoe die vyand lyk nie, maar ons is in 'n oorlog, net soos die Amerikaners, en die ongevalle is so 90 mense per dag... die vyand, misdaad en misdadigers...
Ironies genoeg was daar gister die million man march in Pretoria, bygewoon deur sowat 5 000 mense, en nou is daar weer die doemprofete wat vertel watse mislukking dit was, wel wat doen jy aan misdaad??
Enige inisiatief wat die lot van gewonde mense aanspreek wat soos vuisvoos boksers uit op hulle voete teen die toue is, is prysenswaardig en behoort ondersteun te word, great inisiatief en al was die getalle nie daar nie, die boodskap word uitgestuur en verstaan.
Daar is lankal nie meer net wit slagoffers van geweld en misdaad in Suid-Afrika nie, net soos daar nie net swart misdadigers is nie.... ek glo nog steeds witmense sit agter misdaad sindikate en solank as wat die gemeenskap nie betrokke raak by die geveg teen misdaad nie mors ons mekaar se tyd.
Dis net eenvoudig onmoontlik dat die gemeenskap nie weet wie is betrokke by misdaad nie.... julle weet dis die hartseer ding die ouens wat die hardste skreeu oor die misdaadprobleem, is presies net mooi die mense wat niks daaraan doen nie, die ouens wat by die huis sit as daar protesoptogte is daaroor, die ouens wat goed weet hulle buurman is besig met goed wat hy nie mee moet wees nie en die eerste ouens wat 'n plasma screen TV koop wat van 'n trok afgeval het. Maar ons kan kla, dit kan ons goed doen!
Terwyl die million man march se boodskap nog in die lug hang skiet hulle gisteraand vir Mhoto Siluma 'n swart akteur en bekend as Tiny in die Chicken Licken advertensies, voor sy huis dood, misdaad sien nie meer kleur nie, wit swart maak nie saak nie...

Ek is moeg vandag... nie oor laat slaap nie, ek is emosioneel uitgeput.
Later
Wimpie
Ps: Battle of the Bands, Battle of the promotors.....bring it on dude!
1 comment:
Ek dink weer dis van laat gaan slaap ;-)
Post a Comment