Hierdie blog se dae is getel....
In hierdie form in alle geval, jy sal oplet dat ek my eie domain gekry het, ugh ja ek weet ook nie lekker wat dit beteken nie, ek weet net dat in die toekoms is dit baie makliker om my op die internet op te spoor, waar jy in die verlede deur die hele naam moes worstel van www.wimpievds.blogspot.com, kan jy nou net die volgende adres gebruik: www.wimpie.co.za, maklik ne...
Dieselfde geld eposse in die vervolg kan jy my epos by info@wimpie.co.za.
Wat dit alles beteken is dat Wimpie van der Sandt Produksies is reg om tegnologies die volgende tree op die leer te klim.
Die Klipdrift Battle of the Bands is by die laaste trappie met moreaand wat die laaste van die eerste rondte aande is, daarna bly daar net die drie uitdunne oor.
Sonder dat ek moreaand se rondte in ag neem en op grond van die punte totale wat tot dusver aangeteken is lyk dit vir my of die voorlopers op die stadium Die Maverick en Motel Inc is, enigiets kan in die volgende paar rondtes gebeur en ek wil nie eers daaraan dink om 'n voorspelling te waag nie, gelukkig is ek nie 'n beoordeellaar in die laaste drie rondtes nie...
Ek het 'n rowwe naweek agter die blad en Sondae begin al hoe meer 'n regte rusdag vir my te word. Wimpie van der Sandt Produksies het Saterdag vir die eerste keer twee gigs op een dag gehad en knap gedaan aan al my mense wat gesorg het dat alles lekker vlot afloop, al moes die uwe op die einde noodgedwonge Rea le Roux se klank alleen behartig, ek dink dit was nogal goed gedoen en ek het die kunstenaar nie een keer hoor kla nie....hehehe!
Onthou om jou kaartjies te kry vir 19 Julie by die Big Top by Carnival City, nege bands insluitende Jakkie Louw, Joe F, Gerhard Steyn en Snotkop en ek is besig om te onderhandel om te kyk of ek nie vir Seether kan bykry nie....
Dit alles vir net R60 per persson vir 9 bands, dis so R7 per band ek dink nie jy kan dit klop nie, alles live.... ek belowe.... niks backtracks nie...
Almal wat my ken sal jou vertel ek is nie 'n ou wat lief is vir groente nie, inteendeel ek eet gewoonlik sulke kringe al om die groente in my bord, gister doen ek toe die ongewone stap en eet AL my groete op en maak 'n draai by Pick & Pay waar ek toe nou sien jy kry nou groentesap....huh.... nou ja dis baie beter om maar oe toe te knyp en jou groete te drink as om dit te eet.... of so het ek anyway besluit so nou drink ek maar my groente in plaas van eet.... feit is dit gaan in, maak seker nie saak hoe nie.
Ek het Vrydag gepraat oor die koste van die lewe, dis net eenvoudig ongelooflik, ek stop gister by die winkel, 'n paar koeldranke...uhm insluitende die groentesap!, toiletpapier, aandete en drie koekies seep later is ek deur R278, en dit het alles in twee sakkies gepas! Nee my donner wat te erg is, is te erg!
Oppad huis te besef ek, ek sal moet petrol ingooi, R532 later, is ek deur R800 vir die dag op niks eintlik nie! Dis hoekom ek die kaartjies vir die Battle of the Bands so laag as moontlik hou, R60 per persoon behoort alles net mooi te cover ek besef mense kan nie meer R200 'n kaartjie vir vermaak betaal nie, ek besef dit want ek kan dit self nie meer doen nie, ek wens net die kunstenaars begin dit ook besef, kunstenaars sal ook moet beginne party toe kom, hulle kan nie meer 30 en 40 000 per show vra nie, dink vir jouself, Firkin in Boksburg kan 400 mense vat, nou is daar kunstenaars en ek sal nie name noem nie, maar daar is van hulle wat tot R40 000 vra, teen 400 mense beteken dit Firkin moet R100 per persoon toegang vra en heeltemal uitverkoop net om die kunstenaar te betaal, effektiewelik werk die venue die hele aand net om die kunstenaar te betaal! en die slegte nuus is, daar is NIE 'n Afrikaanse kunstenaar wat 400 mense in Boksburg kan trek nie!
Die goeie nuus is dat die Engelse bands, soos die Parletones, Sandbox, Prime Circle, Firkin volmaak soos niks.... en dit teen in sommige gevalle die helfte van die prys van ouens soos Robbie Wessels, Theuns Jordaan en sommige ander Afrikaanse kunstenaars.... raai wie gaan bespreek word en wie nie...
Lekker week!
Wimpie
Monday, June 9, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
dis belaglik hoe duur alles is en die salarisverhogings kan nie bybly nie
Hey
Ek is nou weer ou agter os. Ek was afsiek verlede week en het nou eers jou stuk oor die lewens kostes en banke gelees. Byt vas daar is 'n ondersoek na bank kostes en dies meer.
Lekker dag
Ina
more my basie, my naam is Petros. ek wil vir djou ook skryf by die kompoeter. es dit reg as ek so maak.
ek wil praat van die mense wat alles breek. nou hulle sit net en huil maar doen niks. die tronke is vol. hulle vreet net die pap wat ons moet betaal. hulle moet werk by die plaas en die kos kan banja word. al die mense kan dan eet en die kos sal nie duur wees nie. die trekker gebruik petrol. die werkman eet pap. so kan ons wen. hy kry nie pay by die tronk. dit is sy straf. wat sĂȘ die baas? ons spaar banja petrol en maak banja kos. voorspoed by die dag vir almal.
Post a Comment