My simpatie aan ons stasiebestuurder, Retha Potgieter wat haar man Vrydag aan die dood moes afstaan op die ouderdom van 40 jaar, jonger as ek tans, en ek word weer stil en gaan sit vir drie dae en dink aan die lewe en wat ons alles doen in die lewe en of die kool rerig die sous werd is, en ek wonder, en ek twyfel, en ek wonder en ek bepeins en ek wonder en ek dink....
Die begrafnis is Donderdag, ek is jammer Retha, ek wat gewoonlik so baie het om te se.... het niks om te se nie, ek is stil, maar ek dink aan jou, bietjie meer as gewoonlik en ek is nie 'n trooster op die beste van tye nie, ek staan stil..... en ek dink...
Ek is nie iemand wat hou van lewendige uitsendings by plekke nie, gister saai ons toe weer lewendig uit vanaf Nando's se heropening, die rede hoekom ek nie van hierdie tipe uitsendings hou nie is heel eenvoudig, ek voel soos 'n goudvissie in 'n visbak as mense by die buiteuitsendingseenheid kom staan en vir jou loer deur die venstertjie en jy sit so half vasgekeer agter die mikrofoon en jy wonder of jy darem intelligent lyk daar van buite af....
Nog 'n rede is jy kan nie soos gewoonlik in jou naglklere gaan werk nie, ja lag maar, daar is baie dae wat jy tot op die laaste oomblik in die bed wil le en dan spring jy maar net so op in jou nagklere, trek gou jou pienk pantoffeltjies saam jou kamerjas aan en daar gaan jy, vandag is weer so 'n dag....
Saterdag gou bietjie 'n meeting gehad met Motel Ink, een van die bands in die final van die Klipdrift Battle of the Bands op 19 Julie, hulle het wonderlike planne vir die Final met ouens wat vuurspoeg en, en , en, ek het belowe ek verklap niks meer nie, vandag het ek 'n meeting met die manne van Scintillate, Saterdag met Hansie Slim en vroeg volgende week met Ladiva.

My dag vandag... ek het 'n meeting by Firkin in Boksburg, Die Maverick tree daar op vanaand, dit was een van die sterre van BOTB, ingang is R20, gaan ondersteun hulle, dan moet ek gou my blitsbuksie se nommerplate gaan optel in Fourways, damn! Meeting met Scintillate en dan probeer terug wees voor die verkeer 'n hoogtepunt bereik.
Gisteraand en Sondagaand lank reeds voor 20H00 geslaap, gaan dieselfde probeer vir vanaand, voel nie reg nie want dit voel vir my of ek 18H00 by Carnival moet wees, miskien moet ek maar 'n reunie reel met die Klipdrift manne vir vanaand, hehehe!
Later
Wimpie
4 comments:
Wimpie wie van ons wonder nie soms oor die lewe, en die klappe wat die lewe vir ons uitdeel nie!? KOES dit val neer op ons val alle kante af. Lekker dag vir jou!
Kyk net 'n bietjie of jou lewe op die oomblik die moeite werd is. Net jy sal weet...wanneer jy jou kop op die kussing neersit, net jy sal weet..Sal jy dink...
THERE MUST BE MORE TO LIFE THAN THIS!!
Its a bubble, it looks so attractive on the outside, but on the inside it has no substance!!
ONLY YOU WILL KNOW...
Dis waaroor die lewe gaan ... om nie te veel te wonder oor die toekom nie, want jy het in elk geval geen beheer daaroor nie, maar om te lewe in die "nou".
Leef asof elke dag jou laaste is, gee dit jou alles, don't regret anything that made you smile.
Life gives you time and space, it's up to you to fill it.
ai wimpie, jy skryf so mooi, ek wonner ook baie oor dieselfde dinge...Y
Post a Comment