Thursday, September 11, 2008

11 September...

Dis harde bwerk om 'n cd uit te he.

En dis harde werk om te doen wat ons doen. Gisteraand 21h00 toe slaap die uwe al lankal. Ek is gedaan dit voel behoorlik of 'n trein my getrap het, dis aande soos gisteraand wat jy net lus voel om op die bed voor die tv te le en probeer ontspan en afskakel en dan maak Bruce Springsteen se liedjie van 57 channels and nothing on it net al hoe meer sin.

Vandag is 11 September en dit bring baie memories terug van 'n donker dag in die geskiedenis van die wereld in 2001 en ek onthou nog presies waar ek was toe Bin Laden se kamakazi vlieeniers in die WTC vasgevlieg het.

Ek was 'n jong omroeper by Oos Rand Stereo en het in ongeloof, soos die res van die wereld gekyk hoe New York, en die wereld, tot stilstand gedwing is.

Ek en Mathie Duvenhage het die middag program hanteer en die gebeure aan ons luisteraars beskryf wat die wereld sou verander het.



Die volgende oggend was 'n onseker Breakfast show want niemand het geweet wat om volgende te verwag nie, ek onthou ook nog hoe ek 'n dreigoproep ontvang het en hoe ORS probeer het om die oproep te trace van iemand wat gese het "ons weet waar jy bly en waar jou kind skoolgaan".

Met nabetragting was dit maar net een van vele oproepe wat ek in daai lyn gekry het, die ersgste was een oggend vroeg toe ek oppad werk toe, midde in 'n geweldige veldtog teen dwelms op my show, 'n doodsdreigement van 'n drugdealer in 'n maroon Fiat Uno, gekry het. Vir 'n week lank het ek gaan werk met 'n polisie escort elke oggend oppad werk toe wat gelei het tot 'n baie suksesvolle optog deur die strate van Springs bygewoon deur sowat 2500 mense....

Dit voel alles so lank terug al en dit voel of ek dit so goed soos gister kan onthou. Baie water het intussen in die see geloop en dis nie meer my fight nie, maar dis sulke dingetjies wat 'n verskil gemaak het en wat my tyd by ORS onvergeetlik gemaak het, met nabetragting kan ek verstaan dat ek geliefd was by sekere mense en seker die mees gehate persoon aan die Oos Rand onder ander mense.

Anyway dis nou verby maar op 'n dag soos vandag dan onthou mens weer klein goedjies in jou lewe wat gebeur en voor jy jou oe uitvee het jy al vergeet daarvan.

Vandag is nog 'n mal dag vir my, Vereening en Vanderbijlpark is my voorland en dan kom Bobby van Jaarsveld hallo se by Firkin in Boksburg vanaand.

More het ek my afskeidsete by Oos Rand Stereo as ontbytprogramaanbieder, dit gaan op 'n manier 'n hartseer oomblik wees maar ek is nou gewoond daaraan, ek mis dit nog so nou en dan en ek moet se ek is klaar gewoond aan die later slaap deel van die storie!

Dubai leun oor my skouer soos 'n skaduwee wat nie wil weggaan nie. Is ek weer lus om nou agter die mikrofoon in te skuif, seker net die tyd sal leer en as ek besluit om dit te doen sal dit gewis nie net wees om weer uit te saai nie, dit sal wees vir baie ander redes ander andere besigheidsredes ook...

Soos hulle se in die classics.... time will tell.

Groetnis

Wimpie

No comments: