As jy in ag neem hoe vinnig 'n mens se lewe 'n ander wending kan neem is wat tans met my gebeur seker nie so buitengewoon nie.
Die vraag is net of die tydsberekening altyd reg is....
Gister uit die bloute uit kry ek 'n oproep wat ek baie nodig gehad het, wat dit is kan ek nie nou se nie maar dat dit 'n heel ander wending op sekere goed gaan plaas is gewis en dat dit my denke oor 'n sekere saak verander het is ook gewis.
As dit klink asof ek net praat en nie veel se nie is ek jammer maar dinge is omtrent reg om baie binnekort baie te verander, ek se altyd as ek altyd alles moet se wat ek regtig weet sal die wereld, of kom ons se Wimpie wereld heel anders daar uitsien.
Ek wag nog om te hoor van die finale Dubai aanbod, miskien trek iemand my been hehehe of miskien doen Amerikaners dinge anders as wat ons dit doen. Ek het gister baie tyd spandeer om daaroor na te dink en daar is beslis voor- en nadele verbonde aan so 'n skuif, vir nou is dit seker maar te vroeg vir bespiegel.
Ai besluite, besluite... Die ander besluite wat ek moet neem word aansienlik vergemaklik deur die eenvoudige wete wat ek alles die afgelope tyd moes deurgaan en met die wete dat daar nie rerig lojaliteit bestein in die vermaaklikheidsbedryf nie. My hele siening oor lojaliteit het in alle geval die laaste twee weke dramatie verander, mense is snaakse goed wat hulself en hulle belange eerste stel en dis dit, daar is nie 'n middelweg nie, ek wonder wie die guts sal he om te erken wie was verkeerd aan die einde van die dag, in die woorde van Naas Botha!
Die res van die week wat voorbly is weer 'n nagmerrie. Ek en Adolph is die volgende paar dae op die pad radiostasies toe gewapen met die BOTB cd's.
Hansie Slim het gister hulle heel eerste airplay gehad so om en by 16h00 toe jy maak my kniee lam vir die eerste keer die luggolwe ingestuur is. Geluk julle.
Vandag is dit Witbank, Middelburg en Nelspruit toe. Nou ja tyd om die pad te vat.
Wimpie
Wednesday, September 10, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment