Ek dink sonder dat 'n mens dit agterkom haal sekere gebeure baie uit jou uit. Ek word vanoggend wakker en besef ek is net eenvoudig gedaan, uitgebrand en oor die algemeen nie lekker nie.
Dis nie moegheid nie, dis 'n geestelike moegheid, ek weet wat ek alles moet doen maar ek voel net eenvoudig te tam om iets daaraan te doen.
Gisteroggend vroeg uit die vere vir 'n vergadering vroegdag in Rosebank. My GPS neem my op verskeie interessante en voorheen onontdekte roetes deur Edenvale en ander onbekende voorstede voor ek uiteindelik vyf minute laat opdaag.
Ons bespreek gou die CD opnames waarmee ons tans besig is, dit klink regtig great en ek is opgewonde, daarna op die foon met die BOTB CD se printers om te hoor of daar enige kans is dat ek Vrydag CD's kan he met die oog op die Witbank skou.... Versigtig optimisties kom ons se maar dis wat ek is.
Vinnige gesprek gistermiddag met 'n radiostasie gehad, nee dis nie ORS nie, hoewel ek gister met hulle ook gepraat het, maar ek kom nog daarby...
Interessante gesprek met 'n ander stasie gehad, ek kan nie die details van die gesprek bekendmaak nie, maar ek kan se dat ek relatief opgewonde is oor wat ons gepraat het. Dit kan groot veranderinge te weeg bring maar ek gaan vandag verder daaroor praat.
ORS bel my gister om my afskeid te reel....uhm my afskeid as omroeper Anton, dog maar net ek noem dit want anders is ek weer onopspoorbaar.... So dit vind plaas op die 12 e, dink ek, wat het hulle tog nou weer gese, anyway ek is seker hulle sal my weer laat weet.
Nou ja vandag is weer 'n nagmerrie dag en ek voel op die beste maar uiters goor vandag, maar nou ja, vasbyt!
Wimpie