Friday, September 5, 2008

Ope nota aan Anton

Mmmm En daar is dit toe in die Beeld van vanoggend...

Ek haal Beeld aan:"Die onaangename rusie met dreigende hofgedinge oor Steve Hofmeyr en Anton Goosen se Brugboukonsert in Maart het gister ’n wending geneem.

Hofmeyr het ’n ultimatum aan die borg van die konsert, Brikor, gestel: Betaal my en Anton die R225 000 elk wat julle ons skuld, en ek sal ’n deel van my geld aan die vakbond Solidariteit se Helpende Hand-fonds skenk."

Ek het nooit getwyfel dat dit nie vir Steve oor die geld gaan nie, ek dink hy het genoeg.

So kom Anton se vir ons wat gaan jy met jou geld maak want volgens Goosen se vriend by Beeld:"Goosen het dadelik gesĂȘ hy sal dit oorweeg om ook ’n deel van sy betaling aan ’n ander liefdadigheidsorganisasie te skenk."

Hoeveel Anton en aan watter organisasie?

Snaaks hoe hierdie wending kom na ek op hierdie blog so 'n paar inskrywings terug gese het ek sal al my inkomste, WAT EK NIE GEKRY HET UIT DIE KONSERT NIE, aan liefdadigheid skenk.

So komaan Anton Steve het gese hy skenk die helfte aan Solidariteit, hoeveel sal jy aan wie skenk?

Anyway ek sien darem nou dis ek en Brikor wat gedagvaar word en nie meer net ek nie, 'n erkenning dat die twee here weet ek het net as agent namens Brikor opgetree, hulle weet wie het hulle van die begin af betaal.... Nou hoekom Anton, moes jy my naam van die begin af deur die modder sleep, hoekom kon jy nie van die begin af na my toe kom en gesamentlik teen Brikor optree nie??

Hoe dit ookal is, my geding teen Brikor gaan voort, my saak is waterdig verseker my regsmense my en ek staan by my woord om alles wat my toekom vir die hele Brugflop saga vir liefdadigheid te skenk.... So vertel ons mnr. Goosen wat gaan jy maak met R450 000, korreksie jy het klaar R225 000 gespend wat gaan jy met die ander R225 000 doen?

Dit maak seker nie saak nie want dit bly op die einde jou geld en jy kan daarmee maak wat jy wil so vergeet ek het jou gevra.

Na konsultasie met my prokureur later vandag sal ons besluit oor die ander geding wat ek ook my voortgaan, tensy ek 'n openbare verskoning ook in die pers, kry en 'n erkenning dat ek nie verantwoordelik was vir die betaling in die eerste plek nie, tot dit gebeur sal ek twee keer in die hof wees....

Hey Saterdag is die CD launch, hou duim vas ek kry voorraad vandag, by die Witbank skou, kom se hallo!

Wimpie

No comments: