Shimmer se musiekvideo beplanning vind saam die drie girls en Joe F plaas vandag en Maandag is natuurlik die beurt van Raymond Ray.

In die video speel hulle twee sussies en in die regte lewe is hulle ook sussies. Hoe toevallig is dit nie?
Ek wil voorspel dat hierdie video 'n prys of twee iewers gaan wen, dit het baie met special effects te doen, daar is tonele waar Raymond met vuur letterlik in sy hande staan en ja manne die girls verskyn 'n paar keer in bikini's en sexy onderklere!

Ek belowe ten minste om foto's te neem en op die blog te sit.
Ek het toe nou gister uiteindelik 'n nuwe foon gekry. Die Apple Iphone is alles wat hulle se, en helaas ja so moeilik om uit te werk as wat hulle ook se.... wetter!
Sterkte aan die bokke die naweek, sonder 'n losskakel! teen die Walliesers. Dit gaan 'n taaie wees, ek het al vier toetse in my lewe op Cardiff Arms, oftewel die Milleniumstadium soos hy nou bekend staan, gesien en glo my die Walliesers is passievol oor hulle rugby. As jy daar sit dink jy onwillekeurig aan die Williams boeties, JPR en JJ en ander groot geeste van Walliese rugby soos Phil Bennett en Gareth Edwards. Naas die Bokke is Wallis my gunsteling internasionale span, ek sal gewis more voor die TV wees.
Lekker naweek!
Wimpie
No comments:
Post a Comment