Sondae is nie eers meer 'n rusdag vir my nie.
Raymond Ray se videoshoot het vir my al 05h30 gisteroggend begin en vanoggend om 02H00 klaargemaak, en moenie dat iemand jou vertel dis lekker nie, dieselfde scene word oor en oor en van alle angles af geskiet.
Ek plaas foto's van die shoot, ek dink dit gaan awesome wees wanneer dit klaar is..... en Woensdag skiet ons Shimmer s'n.....ai!
Op die eerste foto is die opening "scene" van die video, Raymond op die bank in die gesprek met die sielkundige, dit was net voor ek hom vyf keer op dieselfde bank moes natgooi!
Op hierdie foto doen Raymond en die band die cutaway scenes van die koorgedeelte van Koel my af, dit was net voor ons Raymond se hande aan die brand gesteek het.... sorry bra!
Op die laaste foto is my assistent Adolph, besig om sy hande vuil te maak....
My dag is weer mal....hoop joune is beter.
Wimpie
No comments:
Post a Comment