Vandag is wer die dag van die jaar wat ek die meeste verpes en ek is seker daar is baie ander wat ook so voel...
Guy Fawkes die arme DBV gaan weer hulle hande vol he die volgende paar dae, ai hoekom mense so onverantwoordelik moet wees sal net hulle weet.
Barack Obama het toe Amerika se 44e president geword en geskiedenis gemaak deur die eerste nie wit president te word. Kom ons hoop Obama kan sorg vir iets wat Bush nie kon doen nie, vrede in die midde Ooste....
Ek het gister 'n dol dag gehad met 'n laaaang vergadering met die Klipdrift manne oor aanstaande jaar se BOTB. Ek kan so bietjie die aap uit die mou laat en laat weet dat die final gaan koop met Prime Circle en moontlik Seether op die menu. Aaah ek sien uit daarna.
Ek hoop om op my verjaarsdag die besprekings te kan oopmaak vir aanstaande jaar se kompetisie. Wanneer is my verjaarsdag? Staatsgeheim, maar dis nie meer lank nie. Sal hier laat weet.
Later
Wimpie
Wednesday, November 5, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment