Iets waaroor ek wel kan kommentaar lewer is die Amerikaners wat vandag gaan stem en die oorweldigende gunsteling Barack Obama wat gaan poog om die eerste gekleurde Amerikaner te word wat die presidentskap inpalm.

Die 50 state in Amerika het verskillende klassifikasies by die stembus en dis gereken op die hoeveelheid mense in daai staat, so is Alaska bv. veel groter as California maar laasgenoemde het meer mense en so tel Alaska se stemme net vir 2 of drie terwyl California tot soveel as 40 stemme opmaak.
Ek praat onder korreksie maar ek dink die kanidaat wat wil wen moet 271 van die sowat 540 stemme op hom vereenig om te wen, dit alles maak vir baie interessante verkiesings en ook dat dit nie rerig saak maak wat die peilings se nie enigiets kan gebeur.
Die video vir Koel my af van Raymond Ray, word Maandag in Pretoria geskiet, ek het gehoop om Shimmer se video teen die volgende dag te doen maar dit lyk nie vir my moontlik nie aangesien die girls besig is met eksamen.

Byron Kuntz het gister die vocals opgeneem en hy doen baie kunstenaars, onder andere Rudi Muller, Joe F, Ray Dylan, Gerhard Steyn en talle ander se opnames en hy stem saam dat hierdie nuwe klank die land gaan platloop. Ek sien uit na die revolusie!
Ek is besig, baie besig, dis jaareindfunksies en en en alles binne die volgende paar dae..eish!
Wimpie
No comments:
Post a Comment