Ek het hierdie jaar begin met iets waarvan ek amper al vergeet het. Gister toe ek my dagboek deurgaan besig om my jaar af te sluit en belangrike telefoonnommers in my nuwe dagboek in te skryf, kom ek toevallig weer daarop af.
Aan die begin van die jaar het ek 'n lysie van doelwitte vir myself gemaak wat ek wou bereik in 2008, ek het dit vir die eerste keer in my lewe gedoen want ek het nooit eintlik daaraan geglo nie! Hoe naief was ek nie.
My lysie het bestaan uit 10 doelwitte wat ek in my persoonlike en besigheidslewe wou bereik, ek is bly om te kan se ek het by agt van hulle uitgekom en ek dink ek kan dit nege maak voor die einde van die jaar.
Die bottomline is jy moet vir jouself doelwitte stel sodat jy iets het om na te werk, as jy dit nie doen nie, in alle afdelings van jou lewe dwaal jy maar net doelloos rond soos iemand wat hier is, maar nie weet wat hy hier maak nie.
Gister 'n lekker lang gesprek met Adolph gehad, hy is 'n goeie ou maar is een van daai mense wat daarvan hou om dinge te ooranaliseer. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis 'n goeie karaktereienskap maar terselfdetyd 'n meulsteun om jou nek.
Wanneer mens te versigtig is in die lewe, is dinge geneig om te lank te vat of om nooit te gebeur nie want jy is te besig om te wag vir alles om 100% reg te wees voor jy probeer om iets uit te rig.
Ek is anders, ek besluit om iets te doen en begin onmiddelik daarmee, ek weet gewoonlik self nie hoe ek dit gaan doen nie, ek weet net ek gaan dit doen en dat ek moet begin daarmee en dis dan wat ek doen. Alles val daarna vanself in plek in en dis hoekom ek dinge laat gebeur en nie wag vir al die planne om in 'n ry te wees of iets simpels nie.
Ek se nie dis die regte manier van dinge doen nie, maar dit werk vir my, ek MOET myself onder druk sit, dis wanneer ek die beste werk en wanneer ek op my stukke is, miskien moet mense meer begin doen, skouer aan die wiel sit en jy sal verbaas wees hoe dinge in plek val om jou drome te help waar word.....probeer dit bietjie, al het jy nie die geld om iets te doen nie, begin net om dit te doen, die lewe sal omstandighede en mense jou padlangs stuur en voor jy weet het jy dit gedoen..... net omdat jy iewers 'n begin gemaak het. Probeer dit!
Gister die photoshoot vir die cover van Ray se CD gehad, ek behoort so teen Vrydag die foto's te he en dan sal ek hulle hier plaas, ek sien uit daarna, dink dit gaan awesome wees.
Die jaar is amper verby en ek begin daai vakansie gevoel ontwikkel.... nog net 'n paar dae dan is ek weg.... wel 'n paar dae is actually drie weke, maar dit gaan so vinnig verby. Vasbyt!
Wimpie
Tuesday, November 25, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment