Monday, November 24, 2008

Drink jy... en bestuur? Hoekom?

Ons almal het dit al een of ander tyd gedoen, te veel gekuier en dan agter die stuur van jou kar ingeklim....

Carte Blanche gisteraand het slegte nuus gehad vir sulke ouens en die feestyd is op hande, ek gaan probeer om die minimum vanjaar op die pad te wees, ek gaan ry tot by my bestemming en dis omtrend dit.

Moenie drink en bestuur nie, dis die boodskap, probleem is net dat Suid-Afrika se openbare vervoerstelsel maak van bogenoemde eintlik 'n grap tensy jy jou lewe in 'n taxi wil waag, of jou ore van jou kop af wil betaal om by die huis te kom, dis eintlik 'n joke.

Ek was gelukkig genoeg om al 'n paar lande oorsee te besoek en wat 'n plesier is dit nie om daar te kuier nie, jy weet al wat jy hoef te doen is stap so twee blokke, wat jou goed doen na 'n aand se gekuier! Jy sal 'n trein of 'n bus kry wat jou weer, op die verste twee blokke, van die huis sal aflaai.

Hier by ons bestaan dinge soos treine en taxi's eenvoudig nie, kom wees nou eerlik sal jy in Johannesburg gaan kuier en twaalf uur vanaand jou lewe op een van ons treine waag?? Dis nou te se as jy die trippie tot by die stasie in die eerste plek oorleef!

Dis vir my ongelooflik dat 'n kredietwaardige program soos Carte Blanche die onderwerp aanvat sonder om na die redes daarvoor te kyk. Drink en bestuur is 'n realiteit in Suid-Afrika.... dit moenie so wees nie.... dis lewensgevaarlik..... maar hoekom doen mense dit..... eenvoudig, daar is GEEN alternatiewe beskikbaar nie Ondersoek die wortel van die kwaad en nie die voor die hand liggende nie!

Daar is 'n geleentheid vir 'n entrepenieur om geld te maak, kom net met 'n oplossing op dis al! Sterkte.

Vanoggend 09h00 begin my dag al met Raymond Ray se photoshoot vir sy CD cover, ons het goeie idees en sal graag wil sien hoe dit uitkom, sal 'n paar voorbeelde hier plaas.

Laaste drie weke van harde werk, dan is dit ontspan tyd, sien uit daarna!

Wimpie

No comments: