Alles het baie goed afgeloop en die fees is deur sowat 2000 mense ondersteun, kunstenaars soos Snotkop, Klopjag, Stefan Ludik, Raymond Ray en Shimmer het gesorg vir die vermaak van 10H00 die oggend tot so 22H00, ek voorspel dat hierdie fees nog 'n gereelde geleentheid op die plaaslike kalander gaan word, baie geluk aan Danie en sy personeel by Volkskool Brakpan vir 'n goed georganiseerde geleentheid.
Vandag (Maandag) is my derde laaste funksie vir die jaar wanneer die uwe verantwoordelik is vir die jaareindfunksie van The Holiday Club. Ek sien uit daarna aangesien ons 'n puik voiceover en awards geleentheid aanmekaar geslaan het, ek sien uit daarna.
Hierna is dit net die Birchwood Hotel se Afrikaanse musiekfeeste wat oorbly op 18 Desember met Shimmer, Raymond Ray en Bok van Blerk, en op die 19e Silhouette, Rea le Roux en Kurt Darren, en dan gaan WVDSP bietjie met vakansie, saam met die kids en in Knysna....lekker!

Nou ja, dis jaareindfunksie tyd en dan is dit afdraande vakansie toe vir die uwe, ek blog nog tot 12 Desember en dan gaan ek bietjie ontspan tot so by die 5e Januarie rond.
Later
Wimpie
No comments:
Post a Comment