Uiters suksesvolle jaareindfunksie vir 'n groot klient gehad gisteraand wat baie goed afgeloop het, nou is dit werklik afdraande al die pad vakansie toe hoewel daar nog hier en daar 'n ou ietsie is om te doen voor ek die batterye gaan herlaai en WVDSP gaan herstruktureer.
Gisteraand ook die photoshoot vir Raymond Ray se CD cover gekry en ek speel tans met 'n klomp idees vir die cover. Dis nie so maklik as wat dit klink nie, 'n CD cover moet iets van die kunstenaar weergee en dit moet die publiek aangryp.
Ek plaas 'n paar foto's hier, dis nie te se ek gaan hulle gebruik nie, dis maar net 'n paar alternatiewe.
So in die stilligheid het ek ook sommer gisteraand 'n gebeurtenis gesien wat ek blykbaar eers weer oor 'n honderd jaar gaan sien.... en ek het nie eers geweet wat dit is nie! Venus en Jupiter was regom 'n sekelmaan, amper iets soos Pakistan se vlag, blykbaar iets wat net een keer elke 100 jaar gebeur. Toeval reken ek.
En dan sien ek die arme Lianie May is in die sop oor sy nonsens aangejaag het by 'n kerskonsert in die Paarl. Mense het glo gekla sy het vals gesing en het "aangeklam gelyk". Ek het ook al 'n konsert van haar gesien en die vals singery..... wel gaan kyk maar self 'n konsert van haar en maak jou eie afleidings.
Dit bring my weereens by die media. Ek dink die media kry een of ander siek plesier daaruit om mense op te bou en dan af te breek. Hou nou maar dop hoeveel negatiewe beriggewing daar oor die stomme vrou gaan wees. Dis asof die media hulle eie creations bou en dan na 'n rukkie nie meer hou van wat hulle geskep het nie, en dit dan weer afbreek om iets of iemand anders te bou...
Kom ons kyk wat of wie bou en breek hulle volgende jaar. Mediavryheid is nie onderhandelbaar nie, was nog nooit in my oe nie. Maar dat die media te veel mag het, is 'n feit. Die ouens wat die besluite neem in die media wereld is maar 'n klomp scary ouens. In die bedryf word baie gegons oor joernaliste wat pedofiele is, rassiste en nog baie ander erger dinge, wat my bekommer is dat dit die ouens is wat besluit wat IS nuus en wat is NIE nuus nie.
Niemand sal uitkom en hardop se dat so-en so van daai koerant het 'n voorliefde vir klein seuntjies nie want die beroep beskerm sy eie mense, maar dis snert van sulke mense wat in ons kele afgedwing word en aan ons opgedis word as nuus. Ek het 'bn probleem daarmee.... of anders gestel, miskien weet ek te veel wat in die sogenaamde vermaaklikheidsbedryf agter die skerms aangaan waarvan die gewone publiek nie weet nie.... toema, eendag is eendag dan skryf ek nog my boek!
Later
Wimpie
Ps. Hier is 'n jaloersmaker, dis my vakansieunit, dankie aan die Holiday Club wat so mooi gereel het!
Tuesday, December 2, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment