Wednesday, November 19, 2008

Frank Botha, Daaglikse doos!

Ek ken ook die ou en het nog maar bitter min kritiek gelewer op die snert wat hy op sy blog kwytraak, hoofsaaklik om twee redes, eerstens ek glo dis elke ou se reg om seker maar sy naam te vergat as hy wil, en tweedens omdat die breinloosgeid van sekere inskrywings wat Frank Botha op sy Daaglikse Dosis maak my soms amuseer en ek lekker in die privaatheid van my studeerkamer kan giggel as ek 'n af dag het...

Een middag by Firkin in Centurion het ek selfs 'n bier saam die ou gedrink saam met Platkuif van Bosparra en 'n paar ander mense, ek ken hom ook van die Brugboukonsert af waar ek 'n kompetisie op sy blog gedoen het in 'n desperate poging om kaartjies weg te gee vir die show.

Van toe af gooi ek gereeld 'n vinnige es daar op sy blog om bietjie te lag so nou en dan, veral as ek sy tirade en heldeverering van Steve Hofmeyr, wie Frank by the way, miskien twee keer in sy lewe raakgeloop het....uhm dis nou in lewende lywe... so aanskou. As jy vandag vir Steve in 'n winkelsentrum voorkeer en hom vra of hy weet wie is Frank Botha dink ek hy gaan 'n paar keer moet dink voor hy jou sal kan antwoord!

Anyway Frank, jy ken my as iemand wat nog nooit doekies omgedraai het nie en ek is nie van plan om nou te begin nie. Jou inskrywing van gister, wat weer vandag soos mis voor die son verdwyn het, waar jy God met jou kru taal en sinnelose frankisms met Johnny Bravo vergelyk, het net alle grense van ordentlikheid en integriteit in die niet laat verdwyn, en om vandag jannie jammergat weer van die internet af te verdwyn.... net om more weer soos jou held aan te kondig...F** almal, grens nou aan die belaglike. Doen almal 'n favour, vat die res van die jaar af, boek jouself by tara in, gaan word gesond en kom probeer weer volgende jaar, of beter nog, hoor by Steve of hy jou nie kan gebruik om speakers te dra of iets dergliks nie.... en LOS MY GOD UIT!

Ek het gisteraand die eerste rough edit van Koel my af van Raymond Ray gesien en.....ai.... daar is nog baie werk maar ek is tevrede waar ons op die oomblik is, ek is seker wanneer die video klaar is gaan ek baie tevrede wees met die eindproduk.

Die rede hoekom daar nog so baie werk aan Koel my af, is, is omdat daar kliphard gewerk is aan Shimmer se video van een van daai dae en ek behoort teen die einde van die week die video op You Tube te kan he. Sien uit daarna, dit wat ek gisteraand gesien het was smeulend sexy!

Gistermiddag ook 'n Klipdrift vergaderin gehad en die finale reelings vir BOTB vasgemaak, 2009 gaan groot wees.

Later

Wimpie

No comments: