My huidige gemoedstoestand oor hierdie land is 'n gevaarlike aanduiding van die denke van gewone wit Suid-Afrikaners.
Ek is gatvol om gyselaar gehou te word deur dit wat vir my lief en dierbaar is, daarom wil ek vanoggend soos Naas Botha en Frik du Preez se, vat nou maar die donnerse Springbok weg en kry klaar, dis net een minder stok waarmee volslae idiote soos Butana Khompela blanke Suid-Afrikaners mee kan bykom.
Khompela ek waarsku jou egter, jy is besig om gewone vredeliewende blankes in hierdie land op te sweep en oppas as hulle besluit om dit nie meer te vat nie, en dis nie meer ver nie jou dwis!
Gisteraand het ek 'n lang gesprek met 'n ou vriend van my gehad oor die toekoms in Suid-Afrika vir blankes. Hoe dink jy sou jy gevaar het in 'n land soos Amerika waar regstellende aksie en Butana Khompela eienaardige karakture in een of ander obskure Harry Potter/wetenskapfiksie gone wrong, verhaal is.
Ek gaan nie more opspring en saam Afriforum begin march nie, ek gaan nie myself as kampvegter vir Afrikaans verklaar nie en ek is nie van plan om my eie politieke party te stig nie, maar ek gaan rugby boikot as hulle die Springbok wegvat, ek gaan begin kyk na geleenthede om uit hierdie land te kom en ek gaan begin kyk daarna om my besigheidsbelange buite hierdie banana republic voort te sit....
En glo my dis nie so onmoontlik as wat dit aanvanklik klink nie! So vat asb. die Springbok weg, gee al die rygbystadions aan die "mense" en asb. liewe Here gee dat ek tog iewers een of ander tyd in Butana Khompela vasloop..... enige plek sal doen.... enige tyd sal ook doen!
Thursday, November 20, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment