Wednesday, December 10, 2008

'n Weird dag met bisare gevolge!

Wel daar is dit nou, uiteindelik is Raymond Ray se video vir Koel my af, klaar en is ek heeltemal tevrede daarmee. Die Video is baie verander van die eerste poging af en is nou in High Definition, soos hy moet wees en is gereed vir televisie.

Kyk en laat my weet wat jy dink.

Gister 'n rowwe dag gehad. Ek het min of meer die volgende in volgorde gedoen. Ek staan op, kom met Ray bymekaar, doen rehearsal vir Standard Bank corporate gig, ry Johannesburg toe, kies die scenic route, danksy my GPS, ry op plekke waar ek nog nooit was nie, stel klank op vir Raymond, rook in die basement, speel twee pool games, wen altwee! Help met die klank vir Raymond se show, pak op, ry terug van Johannesburg af, stop by Firkin, ontmoed Joe F, kry nuwe musiekvideo, gesels besigheid, ry huis toe en verloor my girlfriend lewendig, besluit net daar om die naweek al met vakansie te gaan, gaan slaap.

O ja tussendeur het ek 'n baie weird oproep ontvang van 'n nuwe band wat wil he ek moet hulle manage, weird want ek mag nie weet wie hulle is nie, die publiek mag nie weet wie hulle is nie, wel dis nie heeltemal waar nie, die publiek en ek mag nie weet wie hulle in die regte lewe is nie, hulle gaan maskers aanhe, die land met mening tref, sekuriteit by shows he om hulle identiteit te beskerm en slegs met die publiek en media praat deur my. Ek moet geheimhoudingsklousules ondereken en my platemaatskappy ook, sowe as enige klankmanne en venues waar hulle by optree.

Eers toe dink ek dis bietjie absurd, hoe langer die dag aangaan en hoe meer ek tyd kry om daaroor te dink, hoe meer opgewonde raak ek en nou dink ek dit sal werk, en ek is lus vir die uitdaging, as die ou my nou net weer sal bel want ek kan hom nie terugbel nie, private number, en ek is op 'n "need to know" basis....en hulle sal my binne die volgende week kontak...

Dit dan daar gelaat vir nou, ek love die konsep en die hele misterie daarom. As hulle my blog lees.... kontak my maar gerus, ek is lus hiervoor, net een ding, moenie dat ek weet wie en wat julle is nie, ek is nie goed met geheime bewaar nie.

Nou ja, die jaar het sy tol ge-eis en my absurde lewensstyl het die einde gebring vir nog 'n liefdesverhouding. Dit was ook die laaste een. Dit is nou maar net weer finaal bewys dat GEEN vroumens kan deel met my lewe nie, ek is bevrees dat vry in die bondel al opsie is vir die volgende paar jaar, vaste verhoudings is klaar en sal nie meer oorweeg word nie, ek sal saam kuier, fliek, net wat jy wil maar uitgaan....sorry girls!

Die uiteinde hiervan is dat ek besluit het om sommer al die naweek te ry op vakansie, ek dink ek verdien dit, tussen my klankman en my kunstenaars is ek seker hulle kan die twee shows wat oorbly vir die jaar handle, die uwe is moeg en het aftyd nodig, dis wat gaan gebeur.

Later

Wimpie

No comments: