Thursday, December 11, 2008

Amper klaar













Okay so dis baie belangrik dat 'n musiekvideo deur die wereld gesien kan word en daarom is dit belangrik dat Raymond Ray se video op You Tube moes kom. Ek was nie tevrede met die vorige poging nie en het derhalwe die vorige een delete van You Tube af, die nuwe een is nou in sy plek te sien:



Dienge in my liefdeslewe blyk uitgesorteer te wees, lang vergadering gehad gisteraand en ek dink ons verstaan mekaar nou beter, ek gaan blykbaar eers Donderdag op verlof!

My laaste blog vir 2008 sal oor die naweek verskyn dan sal ek bietjie terugkyk op die jaar. Hoekom is ek rerig weg by Oos Rand Stereo?? Wat is die storie agter die brugbou storie?? Snert wat mense loop en gesels oor bogenoemde beantwoord, Hoogtepunte, Laagtepunte, en wat le voor vir 2009.

Dit alles in my laaste blog vir die jaar wat Maandag 15 Desember verskyn. Pieter Koen is vanaand Donderdagaand by Firkin Boksburg en dan natuurlik die grote Prime Circle en Scintillate is Vrydagaand die 12e Desember daar, ek kan nie meer wag nie.

Ek en jy het 'n afspraak Maandag die 15e my laaste blog vir 2008!

Wimpie

No comments: