Friday, February 6, 2009

Die Facebook geval...

So 'n effense hartseer dag vir my vanmore want as jy nog by my blog ingaan onder www.wimpievds.blogspot.com sal jy nog hierdie kan lees maar as jy reeds www.wimpie.co.za gebruik sal jy hierdie mis en sou jy gesien het my nuwe blog is tans onder konstruksie.

As ek terugkyk oor 487 posts, is dit met 'n tikkie hartseer dat ek totsiens se... as jy hierdie blog gesave het as 'n favourite, sal jy Maandag begroet word met 'n skakel wat jy op kan kliek wat jou dan na my nuwe blog toe sal vat. Onthou vir die toekoms www.wimpie.co.za

Hierdie blog sal bly voortbestaan as 'n getuie van my lewe die afgelope paar jaar, dankie dat jy dit met my gedeel het en genoeg belang gestel het om te wil hoor wat ek se....

So Maandag is ek op 'n nuwe blaadjie... ek sien uit daarna! Dankie aan die kickass span daar by www.daagliksedoos.co.za wat sommer in 'n oogwink vir my 'n splinternuwe blog aanmekaar geslaan het en ook die span agter www.wimpierecords.com gaan wees... Dankie Mnr. Deluxe!

'n Jong man pleeg gister selfmoord, nie iemand bekend nie, sommer maar net 'n jong man wat so bietjie in die nuus was 'n paar jaar gelede toe hy 'n aanrandingsaak teen Pierre Edwards, hoof van Afrikaans Hoer Seunskool gemaak het....lui dit 'n klokkie, lui een vir my, ek onthou ek het nog die storie op my Breakfast Show gedoen...

Tragedie sal jy se.... maar hoekom? Wel dis duidelik dat die outjie probleme gehad het, maar die hoofrede hoekom hy dit gedoen het.... daar was 'n haatgroep oor hom gestig op die sosiale netwerk Facebook en hy kon dit nie verwerk dat so iets bestaan met 123 lede nie, toe pleeg hy selfmoord na 'n inskrywing op Facebook.

Ek het self 'n ou haatgroepie op facebook, ek dink myne het so 160 lede, gestig deur 'n ex meisie se boetie, dink hy is nou 21 jaar oud praat hy van die oom as 'n doos, geen repek vir ouer mense nie, maar nou ja my opinie was nog altyd dat daai page meer se van hom as van my.

Iemand wat in die publieke oog was vir 10 jaar gaan somewhere mense he wat jou haat dis nie 'n pyn nie, in fact dit amuseer my so bietjie maar nie almal kan met daai tipe rejection deel nie.

Punt is, is Facebook nie lankal verby die oorspronklike doel waarvoor dit geskep is nie, ek het gedink die doel van Facebook is om mense van regoor die wereld met mekaar te laat kontak maak en verlore vriende op te spoor.

Ek dink nie dit behoort toegelaat te word nie, almal weet dat Internet wetgewing in sy kinderskoene staan, ek wonder hoe voel die 123 lede van Rick Horn se haatgroepie op Facebook vanoggend oor hulle aandeel in sy dood??

Ek begin al meer my eie Facebook toekoms heroorweeg, miskien is dit tyd om 'n besigheidsnetwerk op te stel waar mense in dieselfde tipe besigheid met mekaar kan netwerk, byvoorbeeld vermaak.... bands, sangers ens. hoe lyk dit mnr. Deluxe daar is iets om oor te dink!

Tot Facebook nie behoorlik hersien word nie, is hierdie gewis nie die laaste selfmoord geval waaroor die koerante oor Facebook gaan verslag doen nie... Dis net siek en hartseer dat sulke dinge toegelaat word...

Later

Wimpie

No comments: