Thursday, February 5, 2009

Idols en die web!

Die in die mode ding om te doen, is om die beoordeellaars van Idols te kritiseer, en ek is geneig om ook af en toe nie met hulle saam te stem nie maar...

Ek verstaan... as iemand wat self in die musiekbedryf is... dat dit soms nodig is om mense se drome te verpletter sodat daardie mense kan aangaan met hulle lewens.

Maak dit sin, ken jy die Engelse gesegde wat se "you've got to be cruel to be kind". Hoe sommige van hierdie deelnemers dink hulle kan sing gaan my verstand te bowe... En die ergste van alles hulle almal het 'n standaard deur die bank antwoord wat se hulle ouers se al van kleins af hulle is gebore sangers blah, blah, blah fishpaste!

Dis omtrent daar waar ons verskil, ek is baie lief vir my kinders maar as hulle iets nie kan doen nie gaan ek dit vir hulle se voor hulle 'n leeftyd spandeer om 'n droom na te jaag wat nie OOIT gaan realiseer nie. Die beoordeellaars is soms skuldig aan emosionaliteit dis 'n gegewe.

Mara is seker die skuldigste van almal wat dit aanbetref, 'n voorheen agtergeblewene met 'n hartseer verhaal het klaar 'n 10% voorsprong bo enigeen anders... niks fout daarmee nie dis menslik en moet so wees.

Sy is egter geneig om op 'n persoonlike vendetta te gaan wanneer die res van die land nie saam met haar stem nie... onthou jy nog die geval van "V" so 'n jaar of wat gelede. Randall is omtrent die beste van die spul, hy het 'n werk om te doen en hy doen dit byna volmaak, dis baie min dat ek nie met sy algemene siening saamstem nie.

Iemand wat werklik kan sing is maar iemand wat die harde paadjie stap om iewers uit te kom. Ek onthou hoe Raymond Ray by my uitgekom het.... Uithouvermoe en 'n wil om dit te kan maak in die bedryf, hy het my nie minder as sewe keer gebel voor ek 'n vergadering met hom gehad het, ek was agterna baie bly ek het! Maar dit is nie die punt nie, die punt is hy het die circuit gedoen vir seker agt jaar speakers rondgedra in pubs gesing... Die punt is as jy kan sing dan sal jy dit maak in die bedryf as jy bereid is om te werk!

Idols.... wel dis net soos alles in vandag se lewe... 'n quick fix. Ek dink dis di agste seisoen van Idols of iets? As jy vat dat die top 10 elke jaar opgebou word as sogenaamde supersterre, waar is daai 80 sangers in die wereld? Ek glo nie meer as 5 of 6 maak 'n suksesvolle bestaan in die musiekbedryf nie.... daar is 'n rede daarvoor!

Dis my stukkie Idols repliek vir 2009, volgende jaar sal aanbreek en dis onafwendbaar dat daar weer Idols sal wees en dis onafwendbaar dat ouens soos ek weer hieroor sal skryf.... en weer dieselfde vrae sal vra!

Gisteraand 'n lang gesprek gehad oor hierdie blog en die voortbestaan in watter formaat daarvan.

Ek het twee domains www.wimpie.co.za en natuurlik www.wimpierecords.com die idee is dat laasgenoemde my besigheids webwerf sal word en eersgenoemde sa bly as my blog met skakels na die ander een toe.

Die begin van hierdie proses is om my blog reg te ruk wat die uitleg etc. aanbetref wat moontlik gaan beteken dat hierdie huidige blog slegs gaan voorstbestaan as 'n monument van my verlede, ek het al byna 500 keer hier gepost en sal graag die rekords daarvan behoue wil laat bly.

Die uiteinde van die saak is dat die proses om die blog te herbou vandag begin so wees asseblief geduldig met die proses dis baie indrukwekkend as jy weet wat ek alles wil doen met die twee webwerwe so soos hulle se in die classics.... bly ingeskakel.

Later

Wimpie

No comments: