Tuesday, February 3, 2009

Goed wat jy aan dink as jy nie kan slaap nie

Ek het nou twee dae nie geblog nie.... daar was 'n rede daarvoor. Slaaploosheid, wanneer jy so moeg is jy kan jou oe nie oophou nie en jy weet dat jy 'n plan moet maak maar jy kan net nie.

Wel gisteraand het ek genoeg gehad en hier teen 22h45 bel ek 'n pel van my vir 'n slaappil. Hy het ongelukkig net 15mg. pille, blykbaar is dit nogal ster, dis reg whatever werk!

Een slaappil later en ek het agt ure slaap agter die blad... die eerste keer in drie weke. Ek voel bietjie soos 'n zombie vanoggend maar ek is seker dit sal regkom later vandag.

Ek besef nou ek is besig om ouer te word, of miskien is ek besig om myself voor te berei om te begin dink aan die hele settle store.

Ek wil ook begin my shopping aan iemand meer bekwaam oorlaat, So once in a while besluit ek om bietjie die winkels in te vaar en vir my klere te koop. Gister was so 'n dag, ek hou van guess jeans en ek hou van Uzzi broeke en dis omtrent al wat ek weet.

Toe ek gister gaan kyk is daar niks nuut op die rakke van hierdie brands nie, dis toe dat die hele ding my tref.... Ek is nou op die stadium waar ek graag iemand in my lewe sou wou he wat ek my kaart voor kan gee en se "gaan koop asb. vir my klere" en ek moet haar kan vertrou om my nie soos 'n idiot te laat lyk nie.

So daar's hy ek wil settle ek soek iemand om daai klein goedjies vir my te doen om my hare te vryf tot ek slaap in die aand en om seker te maak ek vergeet nie om te eet nie en om my dagboek uit te sorteer.

Great so as jy dink jy is die een.... laat my weet, ek is reg vir dit.... uiteindelik... dink ek!

Later

Wimpie

No comments: