Wednesday, February 4, 2009

Tyd staan nie stil nie

Mense kan soms wreed wees met mense en jou lewe kan in 'n oogwink verander.

'n Mens se eerste reaksie wanneer jy seerkry is selfverdediging en dit kan in baie forme manifesteer. Ek self kan daai magtelose gevoel van blindelingse woede, dis meer magteloosheid as woede want jy weet maak nie saak wat jy se nie dit gaan verkeerd geinterpreteer word.

Wanneer jy eers op daai punt kom is dit tyd om die handoek in te gooi en dit te aanvaar. Sometimes love just aint enough! So gaan die liedjie...en dis die waarheid.

So, daai hoofstuk van my lewe is afgehandel, daar is sekere redes hoekom iets nie uitwerk in jou lewe nie, en daarvoor het jy 'n routydperk nodig, mens moet jouself daai tyd gee om oor iets te kom. Ek het my bietjie misjudge met die hele affere want ek het meer gevoellens gehad as wat ek wou glo.

Maar die lewe gaan aan en tyd staan nie stil nie. Wimpie se routydperk is nou amptelik iets van die verlede, dis tyd om aan te gaan en die leisels wat so bietjie slapgele het die laaste twee weke, weer vas te vat.

Die beste manier van vergeet is om die bul by die horings te vat en te begin werk dat die biessies bewe... in die regte lewe begin dit vandag vir my.... hier op my blog van more af. Ek is seker jy is al moeg om die geteem te lees wat ek die laaste ruk kwytgeraak het. Jy moet moeg wees daarvoor want ek is nou gatvol verby.

Die lewe gaan aan! In die werklikheid van vandag.... in die blogosfeer van more af!

Kom ler weer more in, dan vertel ek jou van baie interessante dinge en projekte. Vir vandag is dit nou eers maar dit...

Wimpie

No comments: