Monday, May 21, 2007

Comments!

Sjoe party dae vergeet ek hoeveel mense lees hierdie Blog 224 mense Vrydag!
Dankie vir al julle comments of dit nou goed of sleg is, kom ek verduidelik net ietsie, ek skryf hoe en wat ek voel, dis wat 'n blog veronderstel is om te wees, dit dien mos geen doel om voor te gee nie....
Daar is grense wat ek nie sal oorskry nie en dit is wanneer hoe ek voel ander mense kan verneder of nie in 'n goeie lig plaas nie, behalwe natuurlik as jy in die openbare oog is en jy maak droog, 'n politikus is en jy is plein onnosel, sorry Robert of as jy net pleinweg iemand is waarvan ander mense wil weet, wanneer jy deel is van my familie en ons gaan saam deur 'n moeilike tyd dan wil ek nie van jou 'n teiken maak nie, veral as dit my eie vlees en bloed is, aanvaar dan net dat ek nie daaroor kan praat nie al voel ek soms ek moet!
Dankie vir almal wat weet wat aangaan se ondersteuning ek het dit nodig gehad gister en vandag....
Vir almal wat comments plaas, dankie want dit is alles deel van wie ek is, ek weet wie ek is, die doel van hierdie Blog is sodat jy kan uitvind wie ek is, of jy van my hou of nie, is nie ter sprake nie....
Ek wil net he jy moet besef, niemand ken niemand regtig in die lewe nie, ons almal is superheroes in ons eie strokiesprent, met jou eie masker op, hoe daai masker lyk maak nie saak nie want dis een wat jy self vir jou kies!
Hou aan met die comments, ek belowe ek lees en dink na oor elkeen.
Wimpie
Ps : Hier is al die highlights van die groot game...enjoy!

2 comments:

Anonymous said...

My Neef....

Al het ons mekaar jare laas gesien en al ken ons mekaar nie werklik meer nie moet jy weet dat jy altyd in my gedagtes en gebede was en is soos die res van ons family!!!

As ek terug dink aan my lewe is daar net 'n paar dinge wat ek onthou (soortvan)soos hoe jy en Danie my geleer loop het ens. . .

Onthou dat in hierdie ou lewe van ons sal daar altyd mense wees wat nie 'n ander geluk sal gun nie en dit is vir ons om uit te filtreur wat ons wil gebruik in ons lewe en wat nie!

En moet nie teveel ag slaan aan die wat moan oor wat jy sê in jou blog nie, praat jy net uit jou hart en wees eerlik met ons jou publie en meer belangrik jouself!!!!!!!

Mag God jou seën in alles wat jy doen en almal wat jy aanraak in jou lewe en mag ons mekaar gou weer sien en weer leer ken!


Liefde jou niggie
Spookie (Anna Marie)

Anonymous said...

Sorry oor jou pel Wimpie , dankie vir die great werk aan die gemeenskap - die drugs - polisie en als , `n versoek van my kant af asb die n12 hi-way , en die pretoria pad na Benoni veral tussen vlei rd en parker rd , kan ons nie die speedcops vra om net in die oggende daar langs die pad te sit en die donderse taxi`s op te check nie - blykbaar is al die verkeersreels net vir gewoonde karre maar niks geld vir die donders nie - groot asb kan ons die owerhede probeer daar kry ? Thanks man ! Tandmuis !