Monday, May 21, 2007

Dankie,spoed, ek en Steve stem saam!

Dis mos hoe mens 'n Maandagaand in die hartjie van die winter moet deurbring, elektriese kombers aan op max en slaappilletjie agter die blad!
Dankie vir al die ondersteuning die laaste twee dae was die ergste twee dae van my lewe, dinge kyk darem nou weer op en ek is liewer vir my kinders as ooit!
Het julle al agtergekom hoeveel bokse het bestuurslisensies, ek ry vanoggend van die werk af mooi netjies 70km/h en 'n kaalkop idioot, want ek kan nie se doos nie dit sal ongeskik wees, ry amtrent my kar se agterent weg in 'n Colt 4x4. Tipies is die kar omtrent so groot soos sy ego om die klein 5ft 2 liggaampie geberg in 'n skedel met 'n IK gelykstaande aan 'n sufgesnuifde coke koppie weg te steek....
Ek hoop jy verstaan vingertaal seuntjie, opvallend hoe jy geweier het om stil te hou ek het dan so mooi gevra...
Okay sorry terug na die punt toe, vanmiddag sit ek weer en dink aan die boks mooi Afrikaanse word vir doos natuurlik, toe ek dink aan hoeveel mense sterf elke dag elke maand en elke jaar op ons paaie as gevolg van spoed en spoedverwante ongelukke.
Hulle sal alles doen om dronkbestuurders vas te vat, klokslag elke jaar verlaag hulle die limiet maar jy kan maar jaag ou pel...
As die regering ernstig is om spoed te beperk, wat is dan nou so moeilik, maak dit standaard dat alle karre wat in Suid-Afrika verkoop word tegnologies beperk word tot se maar 160km/h, al voertuie wat vinniger as dit mag ry is polisievoertuie, noodvoertuie en voertuie met spesiale toestemming waarvoor jy moet aansoek doen.
maklik ne, daar is al die onnidige gejaagery op ons paaie iets van die verlede, hoe moeilik kan dit nou wees...
Ek sien ander bloggers soos Steve en ander tel nou eers die Hoeveld Stereo storie op waaroor ek al lankal hier geskryf het. Steve se:
Hoëveld Stereo is so vals soos Chippie se graad in Ingenieurswese. Dis pragtig dat dit, wat hulle ‘vir Afrikaans’ wil doen, tog net nie op hul stasie moet gebeur nie. Die bandwagon is seker breër as die bandwidth, want nou doen hulle ‘n Afrikaanse konsert saam Rapport. Hierdie is nie net ‘n stasie wat absoluut niks vir ons gedoen het in 20 jaar nie, hulle beledig en lag al ewe lank vir ons (die “white trash”). Vir wie is ek moerig? Rapport? Jeremy Mansfield? Nee. Vir die Afrikaner wat pens en pootjies daarvoor gaan val deur al sy geld te offer aan die wat dit gebruik om hom weer te ondermyn. Dis nie “wat kan Hoëveld Stereo vir Afrikaans doen” nie, dis eerder “wat kan Afrikaans vir Hoëveld Stereo” doen. En ons kan nie sonder media nie (Ek koop ten duurste ook my advertensies daar). Maar hierdie taal se musiek kan maar droom dat dit pal oor die lug gehoor sal word soos hulle Engelse en ingevliegde eazee-listening speellys.

Nou ja vir 'n verandering kan ek saam met Steve stem en selfs verder gaan deur te se ek sal nooit weer enige Afrikaanse sanger wat gaan deelneem aan ou digat Jeremy sy show se musiek speel nie en dis klaar!
Hier is 'n goeie een oor die kies van die bokspan:


Wimpie
Ps vorige peiling 100% van julle se daar is nie genoeg krag vir die winter nie, wat dink julle moet motors se spoed elektronies beperk word?
Dankie vir almal wat kom inloer op my blog gister 'n rekord dag gehad, kort duskant 300 hits....THANKS!!!]
Hier is 'n bonussie vir al die Bryan Habana fans, en ek dink na Saterdag is daar baie! Dis die dag toe Habana resies gehardloop het teen die Jagluiperd, die Luiperd het gewen.....ook maar net! Kyk self.



Die nuwe Amerikaanse Idol het 'n great weergawe van You give love a bad name, op American Idol gesing/rap, hier is dit!

6 comments:

Anonymous said...

jy klink stukke beter vandag, ek is bly, jy rock weer!

Anonymous said...

So bek moet jam kry!!!!!!

Groette nig Anna Marie

Anonymous said...

I LOVE YOU XXX
A

Anonymous said...

Dis die eerste keer wat ek n kans kry om die blog onder oe te kry sedert al die gebeure van Saterdag.Ekt baie lanklaas n comment gelos maar moes nou.Eks ook n stormer en het saam n halwe 100 blou bulle die game gekyk, tipies van die aard van meeste van hul ondersteuners het hul vir 79min gemoan oor hoe swak die ref is en wie gee my as stormer die reg om nou vir die sharks te skree(veral na Albert Van Den Berg se drie)Na hul wendrie is die ref weer nie te bad en eks weer almal se pel!! Hulle is "terrible in victory" en selfs "worst in defeat" Verstaan mooi:seker nie almal nie, maar dit herhaal hom alte veel in dieselfde situasies.

Anonymous said...

Lief jou bietjie meer as gister, maar baie minder as more!!!!

Anonymous said...

Yes Wimpie, ek`t laas week met jou gepraat oor die verdomde taxis hier op Pretoriaweg tussen vlei straat en naarder na Northmead se kant toe. So waaragtig vanoggend weer dieselfde bog - die ouens weet nie wat `n rooi lig beteken nie, hulle kom links verby op die grond en druk net eenvoudig voor ons in ! Teen die tyd as jy by die werk kom is jy so gatvol en in `n bui ! Wat sal dit nou kos om twee of drie verkeers-ouens langs die pad te he ? As een van hierdie donders agv hulle roekeloosheid iets doen en my vrou en kinders moet daar onder lei gaan die hel los wees ! Ek voel so sterk hieroor soos jy oor drugs voel ! Help ons om asb iets hieraan te doen voordat die mense virwie ons omgee iets oorkom ! Byvoorbaat dank , hou aan met jou goeie werk - Tandmuis !