Vandag is D-dag, helde maak vandag en helde word vandag gebreek, vanaand gaan daar feesgevier word of vanaand is daar 'n geween en 'n gekners van die tande, wat ookal gebeur, een ding is seker, vandag wen 'n Suid-Afrikaanse span die Super 14.
Watter Suid-Afrikaanse span dit gaan wees, weet ek nie, dit is too close too call maar ek sal se die gunstelinge 53% teen 47% soos die meningspeiling op my blog ook aandui, is die Sharks, die 3% wat ek hulle ekstra gee is vir die tuisveldvoordeel, jy vertrek nie net Durbs toe en verwag om te wen nie!
My dag is nog nie eintlik beplan nie, ek gaan maar rondle en wag tot iemand my bel om die game maar iewers te gaan kyk!
Sterkte aan altwee spanne, more blog ek weer na die game wat gewen gaan word deur een van hierdie twee ouens se spel vandag, Butch teen Derick, Breker teen Liefling!
Saturday, May 19, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Wel bulle het gewen en die hele blerrie brakpan hou blou party dat die kraanse lui! ag wat dit was goeie spel en daars nog baie wedstryde. dink jul die lions gaan weer opstaan?
Post a Comment