Wednesday, May 23, 2007
Steve, al weer, met apologie!
Ek wil nie die hele tyd die ou wees wat Steve Hofmeyr aanval nie, ek was gister so opgewonde toe ek myself kon vereenselwig met iets wat hy gese het, die Highveld 94.7 ding, en dan kom hy vandag en sit weer sy voet daarin en ek dink dis net reg dat iemand die vrae vra wat gevra moet word...
Vandag kondig een of ander obskure band waarvan ek, 'n radio omroeper wat nogals op hoogte van musiek en veral Suid-Afrikaanse musiek, is nog nooit gehoor het nie.
Nou as jy totaal onbekend is, met apologie aan fans van "(AOA) Architects of Aggresion en The Slashdogs, Ruhtz, Far beyond Driven en All Forlorn, wat is die goedkoopste manier om mense van jou bewus te maak en om die media te kry om oor jou te praat en so jou sg. band bekend te maak....
Reg geraai jy reel 'n rockshow op 'n dag vir Christene 07-07-07 wanneer die wereld se grootste biddag gehou word, en jy noem die show die "777" konsert teen geloof...
Nou hou konsert in julle moere in, ek sal nie daar wees nie en ek sal almal wat ek ken ten sterkste ontmoedig om te gaan, maar wanneer die grootste ster in die Afrikaanse musiekbedryf, Steve, sy gewig agter so 'n show ingooi deur te se dat hy hom amper met die show kan vereenselwig, dan pluk hy my moer....
Nou ek verstaan mooi wat is Steve se siening rondom Godsdiens en "sy eie persoonlike journey op soek na sy God", en hoe hy hom nie kan vereenselwig met stories wat "sy God in hokkies plaas nie" ens blah, blah, blah en blah....
Maar wanneer jy, Steve, die vermetelheid het om die bybel, wat jy toevallig selektief in glo, aan te haal om jou standpunte te regverdig, dan maak jy my die moer in...
Jy kan nie die bybel selektief in glo en stukkies wat vir jou werk selektief aanhaal nie, of jy verwerp die bybel in totaliteit of jy vereenselwig jouself daARMEE, MOENIE SELEKTIEF KOM AANHAAL EN DAN SE MAAR ONTHOU EINTLIK GLO EK NIE DAT DIE BYBEL DIE ENIGSTE WARE WOORD VAN GOD IS NIE!!!
Ek haal aan " Hofmeyr verwys na 2 kor. 11:14, 'n vers in die bybel wat handel oor die gevaar dat die Satan as 'n engel van die lig kan verskyn eerder as iemand waarvan jy nie hou nie"....
Nou Steve as jy jouself nie met die totaliteit van die bybel kan vereenselwig nie, moet dan ook nie selektief uit die bybel aanhaal nie...
Sover hierdie klom palooka's aangaan wat hierdie show reel op 07-07-07, julle is idiots wat goedkoop bemarking soek en ek kan nie glo dat die God waarin ek glo, julle nie gaan straf op die sterkste moontlike manier nie, moenie Godsdiens vir 'n goedkoop bemarkingsfoefie gebruik nie...
Luke Watson is toe soos verwag, uit die bokgroep gelaat vir die toets teen Engeland, Jake White het ook soos verwag, en voorgeskryf, die deur op 'n skrefie oopgelos deur te se dat Watson wel 'n rol sal speel in die drienasies later vanjaar, onthou jy die storie gister dat watson in een van die drienasies toetse moet speel....
Nou ja ek dink dis my storie vir vandag, gaan dink daaroor, die uitslag van gister se meningspeiling, 75% van julle reken motors se snelhede moet beperk word, jammer sel ek stem nie saam jou argument nie, as jy nie so vinnig kan ry nie, sal dit nie nodig wees om vinniger te moet ry nie....
Vandag se meningspeiling, sal jy deelneem aan 'n optog teen die 777 konsert?
Later
Wimpie
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
En jy glo in sprokies?
Wimpie, jou bek moet jem kry! Ek stem so saam met jou!
Ek stem nogal saam. Steve se blah-blah oor geloof...
Post a Comment