Monday, May 28, 2007

Fanus, begrafnisse en nog Bruce Lee!

Hoekom is 'n Maandag nooit 'n lekker dag nie, ek kan nie verseker se nie, ek dink tog vandag was nie te sleg nie, die weer was okay, maar daar is net iets omtrent 'n Maandag wat nie lekker wil saamwerk nie.
Ek sien Steve gaan ook by Oos Rand Stereo se huldigingsaand vir Fanus Rautenbach wees op 21 Junie, nou ja een van my pelle maak die grap dat ek aan Steve se tafel moet sit....mmm kan interessant wees, maar ek dink nie so nie, niks teen jou nie Steve, dis net, wel ek het nie lus vir 'n stryery die hele aand oor rugby en Godsdiens nie...jy weet ek skreeu nie vir die Bulle nie, wat bedoel jy dis al rede hoekom nie, ek belowe!
So van Fanus gepraat ek het so 'n spesiale plekkie vir oom Fanus want ek het dan by hom oorgevat, Hy was Oos Rand Stereo se eerste Ontbytprogram aanbieder.
Hy het 'n gesegde gehad van elke dag gooi jy die aas uit en kyk of iets byt, en hy kon vir jou die aas lekker uitgooi hoor!
Mense vra my wanneer doen ek weer iets aan die misdaad en dwelm probleem, wel ek is besig met iets....groots.... hou die spasie dop, die vorige keer het ek mself oopgemaak vir baie dinge en het die gemoedere soms maar hoog geloop, die keer gaan ek myself eers mooi voorberei en sorg dat ek myself nie weer ooplaat vir allerhande snertstories en aantygings nie!
Hou hierdie spasie dop sal julle laat weet wat gaan vir wat.



Ek het lank nagedink oor die begrafnis ding, Gerrit se meisie het vandag gebel en gevra of ek 'n draer sal wees, ek kon nie nee se nie, ek sal daar wees, hy sou dit vir my gedoen het, sal daar wees bra....gaan nie maklik wees nie maar ek sal daar wees, Gerrit se dogter stuur vir my hierdie laaste foto van hom, geneem so twee weke gelede, ek plaas dit sodat julle kan sien hoe lyk 'n legend!
94% van julle reken die regering behoort die belasting op brandstof te verlaag, daar is altyd een drol wat moet nee stem en ek weet wie hy is!
Ek is jammer ek kon nie die partytjie maak Saterdagaand nie, ek dink julle sal verstaan ek was net nie 'up to it' nie ek het 'n helse week gehad en was Saterdagaand al hier by 7 uur in die bed, sorry Ina ek sal opmaak daarvoor, ek hoor by my broer hy het 'n langverlore niggie gesien, nice ons sal kom kuier een of ander tyd.
Wel dis omtrent my storie behalwe dat Oos Rand Stereo tans besig is om Audiostreaming te installeer so eersdaag kan jy wereldwyd na ons luister op nie net, sal jou laat weet wanneer.
Wian is nou Bruce Lee bedonnerd en het my laat belowe en sit 'n bruce Lee video op my blog, so vir hom en die ander Bruce Lee fans ek weet daar is baie van julle, hier is Bruce Lee:



Al die Bruce Lee fans enjoy...psst ek is ook een, moet vir niemand se nie, vandag se peiling, dink jy die rookwet is te straf, ek vra want ek rook nie meer nie maar my klere ruik heeltyd na rook as ek iewers heengaan en ek haat dit!
Later
Wimpie

4 comments:

Anonymous said...

More Wimpie,

Dink ek die rookwet is te straf? Nee. . . maar dan moet jy ook weet ek is 'n rooker.......

Ek probeer al jare om van hierdie algemeen aanvaarbare dwelm af te kom maar soos baie mense weet, is ek ook maar nes alle vroue en is bekommerd oor my gewig.... ha ha ha...

ek sit soms so en dink en wonder hoekom drank wat die algemene rede vir sterfdes op ons paaie, geweld teen vroue-kinders en die oues van dae is nog so wyd en suid geadverteer kan word?

kyk as kind is ek en baie van die wat na-aan my is lelik seergemaak a.g.v drank en die letsels sit nog hier binne my! Die uitelike merke het al verdwyn maar die letsels wat hier binne my emosineele (hart, siel) noem dit wat jy wil, is is nie net soos die letsel wat ekke oorhet na 'n hond my gebyt het as kind nie, nee, dit is selfs na al die jare nog soos 'n sny plek wat net mooi begin regkom en dan word die roof afgetrek deur 'n idioot wat teveel drink en dan agter sy stuurwiel inklim en dan my geliefdes en die wat na aan my is seermaak!

Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie ek sal ook by 'n partytjie 'n doppie of twee drink maar ek het 'n belofde gemaak aan myself en aan my kind dat hy my nooit sal dronk sien nie, hy is die lig in my lewe en ek het die oomblik toe ek besef het dat ek swanger is geweet dat as ek nie daai liggie wil verdoof nie ek baie versigtig sal moet wees as ekke kuier....


Wimpie sterkte met die begrafnis en onthou dat daar baie van ons is wat jou lief het en hier is vir jou!!!

liefde groette

Anna Marie
(spookie)

Anonymous said...

Ek is so trots op jou dat jy begrafnis toe gaan. Ek weet hoe baie dit van jou vat om te gaan.
I LOVE YOU AND WILL ALWAYS BE THERE FOR YOU!!
A

Anonymous said...

Hi

Jy is vergewe maar ons hou jou by die beloofde kuier

Liefde

Ina

Anonymous said...

Sterkte...ekself haat begrafnisse.