Gerrit
Jy was 'n legende, jy het geleef soos een en gesterf soos een, jy was die kaptein van die A-team, jy was een van die slimste en beste ouens wat ek ooit die voorreg gehad het om te ken, jy het soveel mense se lewens aangeraak en al jou pelle het vanaand 'n dop op jou gaan drink, ek weet nie of jy dit weet nie, ek is seker jy doen dis hoekom ek die vir jou skryf want ek is seker iewers in die hemel is daar ook internet en ek is seker dis vinniger as ons s'n!
Daar is te veel memories om te onthou, jy was die ou wat ek geken het met die meeste goeie stories om te vertel, ek sal altyd onthou hoe ons vir 14 ure kon saamkuier sonder dat jy 'n storie twee keer vertel het....
Nou is jy weg en ek is nog hier..... kuier gaan nie weer dieselfde wees nie.
Nag ou grote!
Wimpie
Seer, seer, seer, dis hoe ek voel vandag, vir die van julle wat hom nie geken het nie, vat net my woord vir dit hy was 'n legend, en nou sit ek al weer en wonder oor die lewe en alles...
Ek begin dink my lewe ry wipplank met my en ek dink iewers is daar 'n lessie in, jy moet lewe elke dag of dit jou laaste is, want dit is dalk.
Dankie aan almal vir die bystand en die oproepies en die mooi woorde, die comments en die drukkies.
Het julle die bokspan gesien? Ek praat more daaroor.
Nou sien ek die stadion gaan nie vol wees nie, hoekom, die freakin kaartjies is alweer te duur...R400 en R250 is te duur mense wil julle 'n stadion vol dokters en prokureurs daar he want hulle is omtrent al wie dit kan bekostig!
Ek gaan slaap het 'n helse dag gehad is gedaan more praat ons oor die rugby.
Wimpie
Thursday, May 24, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment