Friday, May 25, 2007

Selebi en die Rugby, kan de la Rey kom red?

Nou ja, dis die einde van 'n helse week, die naweek le voor en ek sien so uit daarna, dit was nie 'n lekker week nie punt.
Dankie vir al die support!
Nou ja die lewe gaan aan en mense bly nog steed bollie aanjaag en dit ontken...
Jackie Selebi se kantore is deur die skerpioene deursoek oor sy moontlike verbintenis met misdaad, vir die van julle wat nie weet nie, hy is die nasionale polisie kommesaris, sy kantoor se die skerpioene was nooit daar nie....maak maar jou eie gevolgtrekkings, ek voorspel Selebi is die volgende hooggeplaaste staatsamptenaar wat tot 'n val kom.

Die Vrystaatse Rugbyunie moes Nicholas Louw en Bok van Blerk naderroep om te kyk of hulle nie miskien die toets kan kom red nie....de la Rey sal jy die boere kom lei want die Engelse is alweer hier en die kaartjies se pryse is in Ponde bereken en nie in Rande nie!
Ek het al verskeie kere in die verlede gese toetskaartjies is net eenvoudig te duur, hoe kan 'n pa sy vrou en twee kinders toets toe vat, hmmmmm kom ons kyk dis R1 600 net vir die kaartjies, sit nog se R100 by vir die vervoer soontoe, R200 vir ietsie om te eet en nog so R100 vir ditjies en datjies, gou, gou is jy by R2 000!
Te duur simpel en eenvoudig!

Sterkte anyway aan die bokke vir Saterdag ons behoort darem regtig met die bleekbeentjies te kan afreken!
Dis my storie, hopelik is volgende week beter as die een, sal blog oor die naweek weer!
Gaan stem of jy dink rugbykaartjies is te duur.
Uitslag van die vorige peiling, 68% van julle is bereid om te gaan march teen die konsert op 777....mooi!
Later
Wimpie

4 comments:

Anonymous said...

JY IS SO SPECIAL. LOVE YOU. XXX
A

Anonymous said...

elke godsdiens het maar sy eie ou kollekte bordjie...

Anonymous said...

Hi Wimpie

Dankie dat jy sê wat ons ander nèt te bang is om te sê!

Groette Anna Marie

Anonymous said...

Ons almal deel die pyn van n baie spesiale vriend wat weg is en almal het wonserlike memories van ons almal se vriend... KLASSIE!!!!
Hoe baie van jou girls het hy nie getroos nie!!Dink aan jou in die tyd...