Dis nie die moeite werd om publisiteit aan mense en dinge te gee wat jou in alle geval net die wetter in maak nie, daarom gaan ek nie verder aandag en publisiteit gee aan die klomp swetterjoele wat hierdie siek 777 konsert probeer reel nie, dis hulle goeie reg om dit te doen en ek is die laaste een wat wil klippe gooi en mense stenig, ek dink ek het baie verander die laaste klompie maande in my siening van die lewe, mense en dinge, of dit goed is weet ek nie, partykeer dink ek dit is ander kere dink ek nie so nie.
Hoe dit ookal is, ek dink as mens nie aandag aan hulle gee nie, kan hulle "konsert" nie 'n sukses wees nie....simpel!
Ek het soos julle weet nie 'n lekker week gehad nie, maar \
'n mens leer om met onverwagse goed te deel, ek het net 'n probleem met begrafnisse, soos julle weet is ek baie emosioneel en tjank myself dood, ek worstel tans met die hele begrafnisstorie dis Woensdag en ek dink sterk daaraan om nie te gaan nie, ek dink as mens van iemand wil afskeid neem, doen jy dit op jou manier self, dis baie persoonlik en ek wonder of ek nie maar na die tyd om my eie moet gaan groet nie, miskien kan julle help.... hoe deel mens met so 'n intense emosie soos jy ervaar by 'n begrafnis??
Wat sal jy doen, voel jy mens moet by die begrafnis wees, is dit waar mens se laaste eerbetoon is of gaan dit oor iets meer persoonlikliks?
Ek weet nie ek ken nie die antwoorde nie, ongelukkig is dit vir my 'n worstelling in my gemoed waarmee ek self sal moet deel, ek sal dit hopelik uitwerk teen volgende Woensdag...
Dis naweek en dis lekker om net so bietjie te kan ontspan ek is gedaan na 'n harde week, gisteraand net bietjie saam met 'n ou pel gekuier, dankie Henlo dat jy saamgekuier het, die eerste keer in ek weet nie hoeveel jaar nie, seker maar omdat jy gesien het jou ou pel het net iemand nodig om bietjie mee te kuier...thanks bra!
Vandag is die groot eerste toets van die jaar...........oeps, een van twee dinge gaan gebeur, ons Super 14 bubble gaan bars of ons gaan die Bleekbene vermorsel, ek dink persoonlik ons gaan wen, so 35 - 18, kom ons kyk maar hoe naby is ons, sal graag wil sien of dit toe gehelp het om Bok en kie in te kry om die stadion te probeer volmaak....
DIE RUGBYKAARTJIES VIR 'N TOETS IS TE DUUR!!!!!!!!!!!!!
Ek het nie planne vir die groot game vandag nie, ek gaan maar wag vir iemand om my te bel en te reel om die game te gaan kyk iewers, anders kyk ek maar alleen vandag, pla nie rerig nie.
So geniet jou naweek ek gaan maar weer more blog en so bietjie inhaal vir laasweek.
Later
Wimpie
Ps: Gerhard Schaap, my kollega het ook nou 'n blog, gaan besoek hom gerus, daar is 'n link by my links na sy site toe, dankie aan al die nice comments, ek het gesien dat iemand gevra het ek moet foto's plaas van my kinders, sorry julle ek gaan probeer om dit nie te doen nie al is ek getempteer om dit te doen, ek het agtergekom ek is bietjie uitgesproke oor dwelms, misdaad politici en omtrend enigiets en dit kan my kinders in gevaar stel, ek het al baie dreigemente gehad teen myself en my kinders so ek gaan nie daai kans vat nie, sorry julle!
Okay ek weet hierdie song is baie oud maar ek like dit nou, my nuwe favourite song, kliek op Ou Plaasdorp van Beeskraal en luister dit lekker hard!!
Saturday, May 26, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment