As die politici die Springbokke uitlos, wen ons sowaar die wereldbeker en maak 2007 die beste rugbyjaar ooit!
Die Bokke het die Bleekbene vermorsel gister, okay dit was 'n derderangse Engelse span, maar dit maak nie saak nie, as hulle hier wil opdaag met so 'n swak span se dit mos dadels vir die diepte van Engelse rugby en daar gaan nie eendag in die rekordboeke staan die span was nie op volle sterkte nie en blah, blah, blah nie.
Hier is al die hoogtepunte van die game:
Net een ding, smyt Ricky Januarie uit die span so ver moontlik en maak plek vir Ruhan Pienaar al is dit op haker, Pienaar is wat dok Craven in die ou dae genoem het, 'n "voetboller" net soos sy pa, Gysie destyds was, ek sal nooit vergeet teen Transvaal jare terug op die Vrystaatstadion hoe Gysie deur omtrent 12 Transvalers gehardloop het en die bal onder die pale gaan plant het nie, toe op losskakel!
et so goed indien nie beter nie was Gysie se spruit gister, magtig man kies die ou, op enige plek!
Daar was so 30 minute in die tweede helfte wat daar maar min aangegaan het maar dit was die eerste toets van die jaar en almal wat die Wallabies gister teen Wallis in aksie gesien het sal weet dat Jake White nie juis slapelose nagte oor die klomp waltzing matilda's sal he nie...
Dit alles in ag genome moet ek nou weer opskrifte lees dat die Springbokke alweer in die ANC se visier is ens, ens , ens....
Kom ons hou maar asem op en kyk wat gebeur...........sug!
Gerrit van der Klashorst se begrafnis is Woensdagmiddag om 14H00 uit die Hervormde Kerk Springs Noord vir die wat wou weet... ek het nog 'n geweldige tweestryd binne my of ek kans sien of te gaan of nie, wonder wat se Gerrit daar bo van gister se rugby, ek het baie aan jou geding toe die game aan was gister, dit is die eerste toets van ek jou ken wat jy gemis het ou grote....
’n Klug en ’n ramp – dis wat vier vooraanstaande professore sê oor Unisa se onlangse toekenning van ’n doktorsgraad aan oudpres. Jean-Bertrand Aristide van Haïti.
Ek kan maar net saamstem, hoe sulke mense, onthou Domdrol Mugabe se ook met verskeie ere doktorsgrade, dit regkry gaan my verstand te bowe en hoe Universiteite besluit om sulke grade toe te ken, is vir my ook net eenvoudig bo my vuurmaakplek, seker die dat daar nog nie so 'n graad aan my toegeken is nie, my brein is te klein om dit te verstaan!
Vrydagmiddag die voorreg gehad om saam met die Johannesburgse Sportklub by 'n lekker ete te wees en die gasspreker was die krieketlegende, Graeme Pollock.
Wat 'n absolute gentleman en gerespekteerde man van Suid-Afrikaanse Sport. Hy het 'n paar interessante stories oor Suid-Afrikaanse krieket vertel en meer spesifiek oor die wereldbeker.
Volgens Pollock het niemand van die Suid-Afrikaanse span met die opsigters by die baan gesels waar ons so sleg teen die Aussies in die halfeind verloor het nie, Grame se hy het self met die opsigter gesels die dag voor die wedstryd en die het vir hom gese hy sal eerste veldwerk doen as hy die kaptein was wat die loot wen want daardie spesifieke aanblad het altyd die eerste uur of wat baie lewe en raak dan later makliker om op te speel.
Wat gebeur het is geskiedenis, ons wen die loot, besluit om eerste te kolf en ons is binne die eerste uur 27/5, game set and match.
'n Ander interessante verhaal wat hy vertel het, en dit is tiperend van die probleme met Suid-Afrikaanse sport, en moenie lag nie want dis nie 'n grap nie, hy was ernstig dit het rerig gebeur! So 'n klompie jare gelede stel Sa Krieket Graeme aan as kolf raadgewer vir die nasionale span, Suid-Afrika gaan toer en die span vertrek na Engeland, die SA Kolf adviseer, moes sy eie vliegtuigkaartjie betaal om saam te gaan en sy eie verblyf betaal.
Barry Richards het besluit om terug te keer Suid-Afrika toe van Australie om 'n bydrae te maak tot Suid-Afrikaanse krieket, die boodskap aan Richards, sorry ons het nie jou kennis nodig in Suid-Afrika nie, gaan saai maar eerder krieket uit op elevisie, Graeme se as jy nie respek het vir jou verlede nie, kan jy ook nie 'n toekoms he nie, HOERA ROBERT GRAEME POLLOCK EN AMEN BROER!!
Ek, Wimpie van der Sandt is dankbaar vir die krieketgenot wat manne soos jy en Barry Richards ons vir baie jare verskaf het en ek sal nie een sekonde vir julle kwaadwees as julle ook soos, Alan Donald besluit om julle gewig by ander spanne in te gooi soos bv. Engeland om te gaan help met hulle krieket nie, miskien, net miskien betaal hulle ten minste julle vliegkaartjies!
As jy vergeet het hoe goed was, sy toets gemiddeld was 60.97 in net 'n handjievol toetse en die grootste kolwer van alle tye Sir Donald Bradman het Pollock bestempel as die beste linkerhandse kolwer en het beide Pollock en Richards ingesluit in sy beste span van alle tye, nie te sleg vir twee ouens wat niks het om Suid-Afrikaanse Krieket te offer nie!!!
Later
Wimpie
Sunday, May 27, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Wimpie, thanks vir die video. Hier waar ek is, kan ek nie kyk nie, so dit was vir my baie nice. Doen asb. weer so.
plesier ek sal jou op hoogte hou van al die games
Hallo Wimpie, ek is n onnie by Jan van Riebeeck en ek moet vir jou se jy is baie gelukkig om sulke talentvolle kinders te he. Well done hoop almal het die Springs Advertiser se agterblad gelees.Jy moet bietjie by die games uitkom dis nogals great...tot later
Hi
Waar was jy Saterdag aand?
Ina
Post a Comment