Sunday, June 3, 2007
Rugby en Robbie Wessels
Saterdag was 'n lang dag, het begin met die ENB Classic rugby wedstryd tussen Hugenote en EG Jansen in Springs, EG Jansen het ver gewen.
Ek het lekker gechat met die voormalige Springbokhaker Chris Rossouw, oor 'n klomp goed insluitende sy gesondheid, hy se dit gaan baie beter met hom en sy seuntjie ek is bly, hy is 'n nice ou, interessant Chris het in 9 toetse vir die Springbokke gespeel en het net een keer in 'n verloortoets gespeel.
Lekker gesels oor die stand van sake hier in Suid-Afrika, hy is 'n groot kampvegeter vir Afrikaans en dit was lekker om met hom te gesels hy het 'n groot verwysingsraamwerk en hy gesels lekker oor enigiets, bly dit gaan beter met die gesondheid, dink ek moet hom bietjie nadersleep en 'n lekker breakfast show doen oor die '95 wereldbeker.
So van die bokke gepraat, weer mooi gespeel die tweede helfte teen die bleekbene, ek lees in vandag se koerant hulle reken Bob Skinstad was 10 minute op die veld en het niks gedoen nie, is dit net ek wat gesien het hoe hy Perre Spies se tweede drie gemaak het met 'n stukkie individuele briljantheid?
Partydige sportskrywers maak my siek!
Saterdagaand Carnival City toe vir Robbie Wessels en Hugo, lekker saam die manne gekuier na die tyd. Luister bietjie na Robbie se kick-ass orkes, Vinnie op tromme, Henning Joubert op lead, Rickus Nel op bass en MD Greyling op keyboard, wat 'n band, Hugo was ook net so goed, seker die mees onderskatte Arikaanse sanger in die land.
Ek weet nie of ek my verbeel nie, en ek hoop nie so nie, ek sien die neiging in Afrikaanse musiek is terug na bands toe en weg van backtracks af....dankie tog, hierdie was seker loshande die beste show wat ek sover die jaar gesien het en ek moet erken ek gaan nie sommer gou weer die backtrackers ondersteun nie...sorry Steve en die res, niks klop 'n lekker lewendige band nie.
Hier is 'n video van die Oos Randse girl Ilonka, wat tans besig is om Amerika te verower.
Viper Room 2006
Add to My Profile | More Videos
Nice sy gaan dit ook nog ver bring.
Later
Wimpie
Ps. Vir die van julle wat nie weet nie Robbie Wessels se nuwe rolprent Poena is Koning is amper uit, hier is die voorprent:
POENA LOKPRENT
Add to My Profile | More Videos
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Hi Wim
Ja nee kyk ek dink jy moet redelik omgekrap wees met jou skool wel join die klub, my skool Hoogland is op die selfde booitjie en ek praat nie eers van die sportvelde dis genoeg om my mooi de toet toet in te maak maar nou ja........ kyk daai poppie in robbie se video speel doreen van egoli mag maar hoor...... ek het sat met robbie backstage daaroor gechat kyk hy se ook dit gaan flippen goed wees en ek persoonlik dit gaan groter wees as die destyds se fliek Lipstiek Dipstiek.......... ja nee ek het my hande vol gehad met die blue bull babes hulle wou nie ry sonder my...........nou ja chat vanaand moenie laat wees vir die show.Tjorts
Ola Wimpie,
Kannie wag vir die POENA movie nie .. great post.
En ja, Hugenote het 'n paar sterre op die map!
Post a Comment